Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

2 Mei

From Wikipedia_af - Reading time: 3 min

<< Mei 2024 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30 31
Al die dae

2 Mei is die 122ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (123ste in skrikkeljare). Daar volg nog 243 dae in die jaar.

Gebeure

[wysig | wysig bron]
  • 1312 – Pous Clemens V publiseer sy bul Ad Providam waarin hy die besittings van die Tempeliers oordra aan die Hospitaalridders.
  • 1368 – In die tweede oorlog tussen die Hansa en Denemarke, verower die vloot van die Hansa en 2000 soldate die stad Kopenhagen en vernietig die stad.
  • 1444 – Pous Eugenius IV bevorder Alonso de Borja (later Pous Callixtus III) tot kardinaal.
  • 1568 – Maria I van Skotland ontsnap van die kasteel op Loch Leven.
  • 1598 – Vrede van Vervins: Frankryk en Spanje sluit vrede en beëindig Phillip II se deelname aan die Hugenote-oorlog.
  • 1668 – Ondertekening van die Vrede van Aken, daarmee kom die Devolusieoorlog tussen Frankryk en Spanje tot 'n einde.
  • 1670 – Koning Karel II van Engeland stig vir die pelshandel in Noord-Amerika die Hudson's Bay Company.
  • 1672 – John Maitland word die hertog van Lauderdale en graaf van Maart.
  • 1808 – Skiereilandoorlog: Die opstand van Dos de Mayo (El Levantamiento del Dos de Mayo). Die burgers van Madrid kom in opstand teen die Napoleontiese besettingsmag.
  • 1816 – Leopold van Saxe-Coburg en Charlotte Augusta trou.
  • 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die Slag van Chancellorsville eindig, met die nederlaag van die Potomac-weermag onder Generaal Joseph Hooker.
  • 1885 – Good Housekeeping-tydskrif te koop vir die eerste keer.
  • 1885 – Die Congo Free State gevestig deur Koning Leopold II van België.
  • 1889 – Menelik II, Keiser van Ethiopië, teken 'n verdrag met Italië, wat Ethiopië beheer gee oor Eritrea.
  • 1900 – Oscar II van Swede gee sy ondersteuning aan Groot-Brittanje tydens die Boere-oorlog.
  • 1926 – 'n Burgeroorlog breek uit in Nicaragua.
  • 1933 – Die eerste waarneming van die Loch Ness-monster gerapporteer.
  • 1933 – Adolf Hitler verban werkersunies.
  • 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Sowjetunie kondig die val van Berlyn aan. Sowjetsoldate hys die rooi vlag oor die Reichstag-gebou. Duitse magte gee oor in Italië.
  • 1952 – Die De Havilland Comet vlieg as eerste passasiersvliegtuig met straalenjins vir die BOAC van Londen na Johannesburg.
  • 1953 – Troonbestyging van die konings Faisal II van Irak en Hoessein van Jordanië. Albei is kleinkinders van die voormalige koning van Mekka.
  • 1955 – Tennessee Williams wen die Pulitzerprys vir Drama vir Cat on a Hot Tin Roof.
  • 1966 – Upper Hutt in Nieu-Seeland word as 'n stad geproklameer.
  • 1969 – Die Britse skip RMS Queen Elizabeth 2 vertrek op sy eerste vaart na New York.
  • 1982 – Die HMS Conqueror sink die Argentynse skip ARA General Belgrano gedurende die Falkland-oorlog.
  • 1984 – Sunday in the Park with George open in Broadway.
  • 1986 – Die radioaktiewe wolk van die Tsjernobil-kernramp van 26 April 1986 trek oor België en Nederland.
  • 1988 – Die laaste Rockwell B-1 Lancer word afgelewer.
  • 1989 – Hongaarse soldate begin met die sloping van die "Ystergordyn" tussen Hongarye en Oostenryk. Alle grensversperrings word afgebreek.
  • 1990 – Tydens 'n ontmoeting in Kaapstad kom die Suid-Afrikaanse Staatspresident Frederik Willem de Klerk en Nelson Mandela ooreen om die beleid van Apartheid af te skaf.
  • 1990 – Die skrywer Árpád Göncz (68), word deur die Hongaarse parlement aangestel as die voorsitter en interim-president van die republiek.
  • 1997 – Tony Blair word Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, en beëindig daarmee 18 jaar van die Konserwatiewe Party-regering. Op 44 is hy die jongste eerste minister in 185 jaar.
  • 2000 – Bill Clinton kondig aan dat toegang tot GPS, soortgelyk aan dié van die Amerikaanse militêre stelsel, beskikbaar sal word vir die publiek.
  • 2011 – Osama bin Laden, die leier van die terreurorganisasie Al Qaida, word in 'n huis in Abbottabad, Pakistan deur Amerikaanse soldate doodgeskiet.
  • 2012 – In Viëtnam word Thủ Dầu Một tot 'n stad verklaar.

Geboortes

[wysig | wysig bron]
  • 1729 – Keiserin Katharina II van Rusland († 1796).
  • 1772 – Novalis, Duitse digter († 1801).
  • 1846 – Zygmunt Noskowski, Poolse komponis en dirigent († 1909).
  • 1860 – Theodor Herzl, Joods-Oostenrykse joernalis, uitgewer en stigter van die Sionisme († 1904).
  • 1885 – Hedda Hopper, Amerikaanse aktise en joernalis († 1966).
  • 1891 – Genl. Sir Pierre van Ryneveld, (KBE, CB, DSO, MC) Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder en vlieënier († 1972).
  • 1892 – Manfred von Richthofen, Duitse vegvlieënier. Die Rooi Baron-vlieënier († 1918).
  • 1912 – Nigel Patrick, Engelse akteur († 1981).
  • 1921 – Satyajit Ray, Indiese rolprentvervaardiger († 1992).
  • 1925 – Roscoe Lee Browne, Amerikaanse akteur († 2007).
  • 1929 – Jigme Dorji Wangchuck, 3de koning van Bhutan († 1972).
  • 1935 – Koning Faisal II van Irak († 1958).
  • 1936 – Engelbert Humperdinck, Amerikaanse sanger.
  • 1941 – Stephen J. Cannell, rolprentvervaardiger.
  • 1942 – Jacques Rogge, Belgiese ortopediese chirurg en agste president van die Internasionale Olimpiese Komitee († 2021).
  • 1946 – David Suchet, Engelse verhoog- en televisie-akteur.
  • 1946 – Lesley Gore, Amerikaanse sangeres († 2015).
  • 1952 – Christine Baranski, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
  • 1969 – Brian Lara, Trinidadse krieketspeler.
  • 1972 – Die Rock, WWE professionele stoeier en akteur.
  • 1975 – David Beckham, Engelse sokkerspeler.
  • 1978 – Hykie Berg, Suid-Afrikaanse akteur.
  • 1987 – Sexy Cora, Duitse pornografiese aktrise († 2011).
  • 2015 – Prinses Charlotte van Wallis, dogter van William, Prins van Wallis, en 'n Britse troonopvolger.

Sterftes

[wysig | wysig bron]
  • 1519 – Leonardo da Vinci, Italiaanse wetenskaplike, wiskundige, ingenieur, uitvinder, skilder, beeldhouer, argitek, musikant en skrywer (* 1452).
  • 1844 – William Thomas Beckford, Engelse roman- en reisskrywer (* 1760).
  • 1864 – Giacomo Meyerbeer (72), Joods-Duitse komponis en dirigent (* 1791).
  • 1972 – J. Edgar Hoover, Amerikaanse direkteur van die FBI (* 1875).
  • 1995 – Michael Hordern, Engelse akteur (* 1911).
  • 1997 – John Carew Eccles, Australiese Nobelpryswenner.
  • 1999 – Oliver Reed, Britse akteur (* 1938).
  • 2011 – Osama bin Laden, Arabiese terroris en stigter van al-Kaïda (* 1957).[1]
  • 2016 – Nelie Smith, Springbokrugbyspeler en die een-en-dertigste Springbokkaptein (* 1934).

Vakansiedae

[wysig | wysig bron]
  • Baha'i – Laaste dag van die fees van Ridván.
  • Pole – Vlagdag.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/2 Mei
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF