From Wikipedia_af - Reading time: 2 min| Ace Magashule | |
![]() | |
Premier van die Vrystaat
| |
| Ampstermyn 6 Mei 2009 – 27 Maart 2018 | |
| Voorafgegaan deur | Beatrice Marshoff |
|---|---|
| Opgevolg deur | Sisi Ntombela |
Sekretaris-generaal van die African National Congress
| |
| Ampstermyn 18 Desember 2017 – 3 Mei 2021 (tydelik geskors) | |
| Voorafgegaan deur | Gwede Mantashe |
Persoonlike besonderhede
| |
| Gebore | Elias Sekgobelo Magashule 3 November 1959 |
| Politieke party | African National Congress |
Ace Magashule is 'n Suid-Afrikaanse politikus en voormalige sekretaris-generaal van die African National Congress (ANC).[1] Hy is op 5 Mei 2021 (effektief 3 Mei) tydelik deur die ANC uit die party geskors. Magashule is op borgtog uit en word vir korrupsie, bedrog en geldwassery aangekla wat verband hou met ‘n Vrystaatse asbesdaktender.[2]
Magashule appelleer teen hierdie skorsing. Hy reageer ook teen die ANC deur op sy beurt die partypresident, Cyril Ramaphosa, op 6 Mei 2021 te skors[3]. Volgens amptenare in die ANC is hy egter nie by magte om dit te doen nie, aangesien hy ten tyde van sy aksie self geskors was[4].