Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Archaea

From Wikipedia_af - Reading time: 2 min

Archaea (Archeabacteria)
Halobacteria – elke sel is sowat 5 μm lank.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Archaea
Koninkryke en filums

Crenarchaeota
Euryarchaeota
Korarchaeota
Nanoarchaeota
Thaumarchaeota

Archaea is ’n domein van eensellige mikroörganismes. Dié mikrobes is prokariote, wat beteken hulle het geen selkern of enige ander organelle in hul selle wat deur ’n membraan omsluit word nie.

Archaea is aanvanklik as bakterieë geklassifiseer en het die naam Archaebacteria (in die koninkryk Monera) gekry, maar dié klassifikasie is verouderd.[1] Hul selle het unieke eienskappe wat hulle skei van die ander twee domeins van lewe: Bacteria en Eukaryota. Archaea word verder verdeel in vier filums.

Archaea is eers beskou as ekstremofiele wat in uiters ongunstige toestande soos warmwaterbronne en soutmere voorkom, maar hulle is sedertdien ontdek in ’n groot verskeidenheid habitats, onder meer in die menslike kolon en naeltjie.[2]

Hulle is veral talryk in die oseane, en die archaea in plankton kan een van die grootste groepe organismes op die planeet wees. Archaea is ’n belangrike deel van lewe op Aarde en kan ’n rol speel in beide die koolstof- en stikstofsiklus.

Sien ook

[wysig | wysig bron]
  • Candidatus Sukunaarchaeum mirabile

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Pace NR (Mei 2006). "Time for a change". Nature. 441 (7091): 289. Bibcode:2006Natur.441..289P. doi:10.1038/441289a. PMID 16710401.
  2. Dunn, Rob. "After 2 Years Scientists Still Can't Solve Belly Button Mystery, Continue Navel-Gazing". Guest Blog (in Engels). Scientific American. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2015. Besoek op 16 Januarie 2013.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Archaea.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Archaea
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF