From Wikipedia_af - Reading time: 2 min| Bambara | |
|---|---|
Bambara in die Bo-Sénégalrivierbekken, 1890. Illustrasie uit Kolonel Frey se Côte occidentale d'Afrique, 1890, Fig.49 bl.87 | |
| Totale bevolking: | 9 773 380 (2019) |
| Belangrike bevolkings in: | Mali, Guinee, Senegal, Burkina Faso, Niger, Ivoorkus, Mauritanië |
| Taal: | Bambara, Frans |
| Geloofsoortuiging: | Islam |
| Verwante etniese groepe: | Ander Mandé-volke soos Dyula, Mandinka en Soninke |
Die Bambara (Bambara: Bamana of Banmana) is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Bambara as moedertaal praat. Hulle bly veral in die lande Burkina Faso, Guinee, Ivoorkus, Mali, Mauritanië, Niger en Senegal.[1][2] Die Bambara is die grootste etniese groep in Mali met 34,1% van die totale bevolking.[3]

Volgens die Encyclopedia of Africa beteken Bambara "ongelowige"; die groep het die naam verkry toe hulle Islam verwerp het nadat dié godsdiens deur die Tukulor-veroweraar El hadj Umar Tal aan hulle bekend gemaak is.[4]
{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)