Bentley is 'n Britse vervaardiger van groot, gerieflike en baie duur motorkarre, soortgelyk aan die Rolls-Royce. In 1998 het Volkswagen Bentley vir £ 430 000 000 gekoop.[3]
Die maatskappy is 18 Januarie 1919 deur Walter Owen Bentley (1888–1971) in Engeland gestig. Ná die Eerste Wêreldoorlog was Bentley bekend vir sy sportmotors wat aan die Le Mans-wedrenne deelgeneem, en dikwels ook gewen het. Bentley word in 1931 deur Rolls-Royce oorgeneem, waarna produksie is vir 2 jaar gestaak is. Sedert 1998 word Bentley egter deur die Duitse Volkswagen-groep besit. Vanaf 2012 is hulle grootste afsetgebied in China.
Modelle
[wysig | wysig bron]
Moderne modelle
[wysig | wysig bron]
Kenteken op die masjienkap van 'n Bentley S2.Die Bentley Continental Flying SpurBentley Arnage T.Bentley 4½-liter (1928)Bentley (1929)
2015: Bentley Bentayga, hulle eerste die eerste sportnutsvoertuig, geloods in September 2015.[4][5]