Commiphora is 'n genus van bome wat hoort tot die familie Burseraceae, ook bekend as die Mirrefamilie, terwyl die genus self as die Kanniedood bekend staan.
Kenmerke[wysig | wysig bron]
Kenmerkend van die genus is die volgende:
Die bome is klein tot middelslag.
Hulle verkies droë bosveld en halfwoestyn areas
Hulle het skerp aromatiese blare; hulle ruik na terpentyn indien gekneus word
Hulle het sigbare, troebel melksap wat moeilik sigbaar is tydens droogtes
Die bas is gewoonlik glad wat in groot papieragtige stukke afskilfer
Die blare is veervormig saamgestel of getrifolioleer en min enkelvoudig
Die sade is normaalweg gelerig tot helderrooi en vlesig arillus bedek
Die vrugte is dun en vlesig en verdeel in twee wanneer dit ryps is.
Die Kanniedoodbome is nie altyd maklik uitkenbaar nie en daar is in die laaste jare nuwe spesies in die noorde van Namibië ontdek. Die boom kan met 'n steggie voortgeplant word en word soms as 'n heining aangeplant. Hierdie taaiheid het gelei tot die naam kanniedood.
Spesies[wysig | wysig bron]
Daar is omtrent 190 spesies in die genus.[1][2][3]
Van die Suid-Afrikaanse spesies is:
Blinkblaarkanniedood Commiphora schimperi
Boskanniedood Commiphora woodii
Doringkanniedood Commiphora glandulosa
Fluweelkanniedood Commiphora mollis
Groenstamkanniedood Commiphora neglecta
Koperstamkanniedood Commiphora harveyi
Papierbaskanniedood Commiphora marlothii
Peperblaarkanniedood Commiphora mossambicensis
Sandkanniedood Commiphora angolensis
Sebrabaskanniedood Commiphora viminea
Skurweblaarkanniedood Commiphora edulis
Witstamkanniedood Commiphora tenuipetiolata
Trivia[wysig | wysig bron]
Mense gebruik die gom van die bome om klein tuisnywerhede in Kaokoland te bedryf.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Commiphora.
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne[wysig | wysig bron]
Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings[wysig | wysig bron]
↑Daly et al. 2011. Burseraceae. Families and genera of vascular plants. 10:76–104.
↑Weeks, A. and Simpson, B.B. 2007. Molecular phylogenetic analysis of Commiphora (Burseraceae) yields insight on the evolution and historical biogeography of an “impossible” genus. Molecular Phylogenetics and Evolution. 42:62–79.