Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Drakensbergsuikerbos

From Wikipedia_af - Reading time: 1 min

Drakensbergsuikerbos
Bewaringstatus

Veilig (IUCN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Plantae
(geen rang):
Angiosperms
(geen rang):
Eudicots
Orde:
Proteales
Familie:
Proteaceae
Genus:
Protea
Spesie:
P. dracomontana
Binomiale naam
Protea dracomontana
Beard, 1958
Sinonieme
  • Protea inyanganiensis Beard

Die Drakensbergsuikerbos (Protea dracomontana) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant kom in die Oos-Kaap, Lesotho, KwaZulu-Natal en die eskarp van die Vrystaat asook Zimbabwe voor. Die struik word tot 1.5 m hoog en blom hoofsaaklik van Januarie tot Maart.

Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word vrygelaat nege tot twaalf maande nadat die blomme gevorm is en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voĆ«ls. Die plant groei op alpynse grasvelde op hoogtes van 1 600 m tot 2 600 m.

In Engels staan dit as die Drakensberg sugarbush bekend.

Sien ook[wysig | wysig bron]

  • Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
  • Lys van proteaspesies

Bronne[wysig | wysig bron]

This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Drakensbergsuikerbos
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF