Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Ekstrusie

From Wikipedia_af - Reading time: 1 min

Ekstrusie of uitvloeiing in vulkanologie verwys na stollingsgesteentes wat bo die aardkors gevorm het deur vulkaanuitbarstings – dus vanweë magma wat uit die aarde uitgebars of uitgevloei het. Dit staan teenoor intrusie, wanneer magma in ander gesteentes ingepers word sonder om die oppervlak te bereik.

Ekstrusiewe magma kan baie vinniger in die oop lug of onderwater afkoel en daar is min tyd vir die vorming van kristalle.

This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Ekstrusie
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF