Brummeria Georgeville Lydiana Lynnwood Manor Navors Val de Grace Weavindpark WNNR-terrein
Klassis
Oostelike Pretoria
Huidige predikant(e)
Wicus van der Vyver
Belydende lidmate
144
Dooplidmate
34
Adres
Presidentstraat 530 Silverton Pretoria
Geskiedenis
Stigtingsdatum
13 Augustus 1958
Afgestig van
Pretoria-Brooklyn
Eerste predikant
Dr. P.J. de Bruyn (1959–1964)
Die Gereformeerde kerk Silverton is in Augustus 1962 in gebruik geneem.Ds. F.R.P. de Bruyn, die leraar van 1964 tot 1967, toe hy in 1961 die vierde jaar agtereenvolgens gekies is as sekretaris van die PU vir CHO se studenteraad. Hy was 'n oudleerder van die Potchefstroom Gimnasium.Ds. L.J. van der Merwe, predikant van 1968 tot 1971.Ds. Niko Vorster, predikant van 1971 tot 1977.Ds. Lammert Stavast, leraar met evangelisasie-opdrag van Silverton en Pretoria van 1974 tot 1977.Ds. S.A. Cilliers, leraar van 1986 tot 1997, hier afgeneem in sy laaste jaar aan die Teologiese Skool Potchefstroom, 1977.Ds. Wicus van der Vyver is in 2002 as GK Silverton se predikant bevestig.
Die Gereformeerde kerk Silverton is die vierde oudste gemeente in die Gereformeerde Kerk se Klassis Oostelike Pretoria. Met 153 belydende en 40 dooplidmate was dit einde 2014 ook die kleinste van die oorwegend wit gemeentes in dié klassis wat uit 11 gemeentes bestaan.
Stigting[wysig | wysig bron]
Silverton het op 13 Augustus 1958 ontstaan uit die afstigting van die noordoostelike wyke van die Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn. Ook van Brooklyn het die Gereformeerde kerk Waterkloofrand op 16 Junie 1963 afgestig en eindelik ook die Gereformeerde kerk Pretoria-Alkantrant op 3 November 1974, terwyl twee gemeentes wat aan die westekant van Pretoria-Brooklyn ontbind het weens die wegtrek van lidmate, Pretoria-Oos en -Sunnyside, in 2003 by Pretoria-Brooklyn ingeskakel het. Op 1 Augustus 1971 het Silverton haar eerste en enigste dogtergemeente afgestaan met die afstigting van Meyerspark.
Kerkbou[wysig | wysig bron]
Aan die begin het Silverton se lidmate in Silverton se stadsaal eredienste gehou. ’n Boukommissie is kort ná afstigting aangewys met die oog op die oprigting van ’n pastorie en kerk. Sommige lidmate het beswaar gemaak teen die erf wat die boukommissie bekom het, omdat dit volgens hulle te na aan die plaaslike Rooms-Katolieke kerkgebou geleë was. Eers nadat hul besware uit die weg geruim is, kon die kerkraad oorgaan tot die bouery. Die gebou het die tipiese A-raam van die Afrikaanse kerke van destyds met staalbalke wat van die grond af opwaarts loop en waarop die dak rus. Die kerk is op 25 Augustus 1962 in gebruik geneem.
Predikante[wysig | wysig bron]
De Bruyn, dr. Paulus Jacobus, 1959 – 1964
De Bruyn, dr. Frans Roelof Petrus, 1964 – 1967
Van der Merwe, Lodewikus Johannes, 1968 – 1971
Vorster, Nikolaas, 1971 – 1977
Stavast, Lammert Hendrik, 1974 – 1977 (met evangelisasie-opdrag in kombinasie met Pretoria)
Kruger, Markus Petrus, 1975 – 2001 (sendeling De Hoop)
Botha, Johannes, 1977 – 1985
Cilliers, Sarel Arnoldus, 1986 – 1997
Van Rooy, Henri Charles, 1998 – 2002
Van der Vyver, Lodewicus du Plessis, 2002 – hede
Bronne[wysig | wysig bron]
(af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
(af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
(af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
(af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.