Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

HMS Illustrious

From Wikipedia_af - Reading time: 1 min

HMS Illustrious

HMS Illustrious in 1942
Naam HMS Illustrious
Klas en tipe Illustrious-klas vliegdekskip
Besteldatum 13 April 1937
Bouers Vickers-Armstrongs Limited, Verenigde Koninkryk
Gebruik deur Britse Vloot
Datum neergelê 27 April 1937
Te water lating 5 April 1939
In diens gestel 25 Mei 1940
Onttrek Februarie 1955
Lot Verkoop vir skroot, November 1956
Verplasing 23 000 lang ton (standaard)
Lengte 256 m (totaal) 216,4 m (waterlyn)
Wydte 29,2 m
Diepgang 8,8 m
Spoed 30 kn (56 km/h)
Bemanning 1 299

Die HMS Illustrious was 'n vliegdekskip van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Luftwaffe se Fliegerkorps X het hom gedurende Januarie 1941 met drie 1 000 pond bomme getref, maar hy het die aanval oorleef weens die pantser op die dek en sy goeie ontwerp.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Die skip het 23 000 ton water verplaas en was toegerus met sestien 4,5 duim-kanonne en vyftig vegvliegtuie. Hy was aangedryf deur drie turbines wat 111 000 perdekrag gelewer het met 'n topspoed van 30 knope.

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3
This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/HMS Illustrious
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF