From Wikipedia_af - Reading time: 6 minHans D. Sluga (Gebore 24 April 1937) is 'n Duitse akademikus, wie as dosent in filosofie aan die Universiteit Kollege Londen gedien het en nou 'n professor van filosofie aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley is, waar hy klasgee sedert 1970. Hy doseer en skryf oor onderwerpe in die analitiese filosofie sowel as politieke filosofie en word veral beȉnvloed deur die denke van Gottlob Frege, Ludwig Wittgenstein, Martin Heidegger, Friedrich Nietzsche en Michel Foucault.
Sluga studeer aan die Universiteit van Bonn en die Universiteit van München. Hy verwerf 'n BPhil aan die Universiteit van Oxford, waar hy onder R. M. Hare, Isaiah Berlin, Gilbert Ryle en Michael Dummett studeer. Hy beskryf sy filosofiese oriëntasie as volg: "My totale filosofiese uitkyk is radikaal histories. Ek glo dat ons onsself net kan verstaan as wesens met 'n besonderse evolusie en geskiedenis.”
Sluga het veral gefokus op die vroeë geskiedenis van die analitiese filosofie. In sy werke oor Gottlob Frege het hy gepoog om die invloed van Immanuel Kant, Hermann Lotze, en van Neo-Kantiane soos Cuno Fischer en Wilhelm Windelband op Frege se sienings ten opsigte van die grondslae van wiskunde en in die teorie van betekenis, uit te lê. Hierdie historiese georiënteerde benadering tot Frege se denke bring hom in skerp konflik met Michael Dummett se "realistiese" interpretasie van Frege. Sluga se werk in analitiese filosofie word beinvloed deur sy betrokkenheid met Wittgenstein se denke op wie se vroeë en latere werke hy studiestukke gefokus het. Sy werke oor beide Frege en Wittgenstein het bygedra tot die ontwikkeling van die studie van die geskiedenis van analitiese filosofie, as 'n veld binne die analitiese filosofie.
Sedert die vroeë 1990s het Sluga toenemend begin fokus op die politieke filosofie. In Heidegger's Crisis ondersoek hy die vraag waarom filosowe van Plato tot hedendagse filosowe gereeld betrokke raak by gevaarlike politieke aangeleenthede. Sluga analiseer Heidegger se politieke betrokkenheid deur dit in die groter konteks van die ontwikkeling van die Duitse filosofie in die Nazi periode te plaas. Hy poog daardeur om te wys dat baie diagnoses van Heidegger se politiek is misplaas aangesien dit te nou gefokus is op die persoon en werk van Heidegger. Hy bevraagteken veral, die bewering dat Heidegger se kritiek van rede geblameer kan word vir sy politieke foute deur daarop te wys dat nougesette " rasionaliste" onder die Duitse filosowe ook geneig was tot dieselfde foute. Sluga se boek poog om te wys dat die bereidheid om hulself in politiek betrokke te raak nie slegs vir Heidegger nie, maar ook vir die Neo-Kantiane soos Bruno Bauch, Neo-Fichtiane soos Max Wundt, en Nietzschiane soos Alfred Baeumler uiteindelik was as gevolg van hul misplaaste geloof dat hulle leef deur 'n tydvak van 'n wêreld historiese krisis waarin hulle spesifiek geroepe voel om betrokke te raak.
Sy boek Politics and the Search for the Common Good poog Sluga om politiek te her-bedink in substansiële nuwe terme. Sluga onderskei daarintussen die lang tradisie van "normatiewe politieke teoretisering" wat strek van Plato en Aristoteles deur Kant na kontemporêre skrywers soos John Rawls en 'n meer resente vorm van "diagnostiese praktyk" wat ontstaan het in die 19de eeu en wie se eerste gebruikers Karl Marx en Friedrich Nietzsche was. Sluga argumenteer dat diagnostiese politieke filosofie, nie poog om politieke norme te skep deur 'n proses van abstrakte filosofiese beredenering nie, maar poog om praktiese gevolgtrekkings te bewerkstellig deur 'n proses van die versigtige diagnose van politieke realiteite.
Sluga identifiseer homself met hierdie benadering van politieke filosofering en gaan hy voort om die denke van Carl Schmitt, Hannah Arendt, en Michel Foucault te analiseer as 20ste eeuse voorbeelde van die diagnostiese benadering. Die boek poog om die voordele en suksesse van die diagnostiese metode sowel as die tekortkomminge en inherente beperkings te belig. Deur dit te doen, het Sluga die verstaan van politiek aan die hand van Wittgenstein se metodologiese konsepte verduidelik. Hy karakteriseer politiek as 'n fenomeen wat soos 'n familie lyk en argumenteer dat die konsep van politiek nie as natuurlik geidentifiseer moet word nie. Dit is daarom ook verkeerd om aan te neem dat daar 'n enkele “algemene goeie” (common good) is waartoe alle politiek streef. Soortgelyk, moet ons van die geloof dat daar 'n beste vorm van regering is (byvoorbeeld demokrasie) afstand doen. Politiek moet eerder beskou word as 'n voortdurende soeke na 'n gemeenskaplike goeie, wat geen finale en voldoende antwoord het nie.
Dit is 'n sfeer van onsekerheid waarin ons funksioneer, altyd met 'n radikale onvolledige en onbetroubare prentjie van altyd veranderende idees van waar ons is en waar ons wil gaan. Die institusionele vorms wat hierdie soekogte aanneem sal oor tyd verander. Sluga stem saam met ander diagnostiese denkers dat die klassieke institusies van die moderne staat nou plek maak vir 'n nuwe vorm van politieke orde wat hy noem “die korporatiewe”, wie se vraagstukke gedefinieer word deur groeiende bevolkings, vinnige tegnologiese verandering en 'n groeiende omgewings krisis.
Polt and G. Fried, Yale U.P., New Haven 2001