Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Hererospekvreter

From Wikipedia_af - Reading time: 2 min

Hererospekvreter[1]
Bewaringstatus

Veilig (IUCN 3.1)[2]
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Eukaryota
Koninkryk:
Animalia
Filum:
Chordata
Klas:
Aves
Orde:
Passeriformes
Familie:
Muscicapidae
Genus:
Namibornis

Bradfield, 1935
Spesie:
N. herero
Binomiale naam
Namibornis herero
(Meyer de Schauensee, 1931)

Die Hererospekvreter (Namibornis herero) is 'n amper-endemiese, skaars standvoël in droë, yl beboste, heuwelagtige, klipperige streke van Sentraal- en Noord-Namibië. Hulle kom een-een voor of bly in pare. Die voël is 17 cm groot en weeg 23 - 30 gram. In Engels staan die voël bekend as die Herero Chat.

Dit is die enigste spesie in die genus Namibornis, wat aan die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) en die orde van sangvoëls (Passeriformes) behoort. Die genus is dus 'n Monotipiese takson.

Sien ook[wysig | wysig bron]

  • Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
  • Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
  • Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron[wysig | wysig bron]

  • Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Gill, F & D Donsker (Eds). "Chats, Old World Flycatchers". IOC World Bird Names (weergawe 2.9) (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2019. Besoek op 3 September 2011.AS1-onderhoud: ekstra teks: authors list (link)
  2. BirdLife International (2012). "Namibornis herero". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Hererospekvreter
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF