Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Jac Conradie

From Wikipedia_af - Reading time: 1 min

Ds. J.D. Conradie.

Ds. Jacobus Delarey (Jac) Conradie (Klerksdorp, 1 Januarie 1900 – Kaapstad, 17 Maart 1987) was 'n leraar in drie gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.

Conradie ontvang sy skoolopleiding op Lichtenburg en bekwaam hom daarna aan die Kweekskool op Stellenbosch as predikant. Hy is in 1927 in sy eerste gemeente, Meru, in die destydse Tanganjika, bevestig en bly daar tot hy in 1929 'n beroep aanneem na die NG gemeente Philipstown in die Noord-Kaap. Ook hier sou hy nie lank bly nie, want in 1936 neem hy 'n beroep aan na die NG gemeente Kaapstad (Groote Kerk). In dié destyds groot en belangrike gemeente arbei ds. Conradie die volgende 31 jaar tot sy aftrede in 1967. Drie van sy medepredikante het ook 'n verbasend lang tyd in die Groote Kerk gearbei: dr. Abraham van der Merwe 40 jaar van 1926 tot 1966, ds. J.G. Janse van Vuuren altesaam 32 jaar van 1945 tot 1945 en weer van 1963 tot 1986 en ds. Willie Landman 21 jaar van 1958 tot 1979 terwyl hy ook die eerste direkteur van die NG Kerk se inligtingsburo was.

Ds. Conradie was onder andere voorsitter van die uitvoerende raad van die Reddingsdaadbond en ook lid van die bestedingskomitee van die Reddingsdaadfonds.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • (af) Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
  • (af) Ds. Jac J. Conradie oorlede Geargiveer 11 November 2015 op Wayback Machine, Die Burger, 19 Maart 1987. URL besoek op 11 November 2015.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Jac Conradie
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF