Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Jack London

From Wikipedia_af - Reading time: 2 min



Jack London

Amerikaanse skrywer, joernalis en sosiale en aktivis


Handtekening


Literêre stroming
Realisme en Naturalisme


Beduidende werke


The Sea-Wolf

Call of the Wild
To Build a Fire
White Fang
An Odyssey of the North
Love of Life
South Sea Tales
The Iron Heel
The People of the Abyss


Historiese park

  • Jack London State Historic Park

    naby Glen Ellen, Kalifornië, VSA

John Griffith "Jack" London (gebore as John Griffith Chaney (12 Januarie 1876 in San Francisco – 22 November 1916 in Glen Ellen, Kalifornië) was 'n Amerikaanse skrywer, joernalis en sosiale aktivis. Hy was 'n baanbreker op die gebied van kommersiële tydskriffiksie ('n genre wat destyds sy bloeitydperk beleef het) en een van die eerste fiksieskrywers wêreldwyd wat met sy skryfwerk internasionale bekendheid verwerf en 'n fortuin verdien het.

Sy bekendste werke sluit White Fang (in Afrikaans vertaal as White Fang - Die Wolfhond) en Call of the Wild in, wat tydens die Klondike-goudstormloop afspeel, asook kortverhale soos To Build a Fire, An Odyssey of the North en Love of Life in. Daarnaas het hy ook oor die Suidelike Stille Oseaan geskryf in verhale soos South Sea Tales, The Pearls of Parlay en The Heathen, en oor die gebied van San Francisco-baai in The Sea-Wolf.

London was 'n vurige aanhanger van die vakbondwese, sosialisme en werkersregte en het 'n aantal invloedryke werke met betrekking tot hierdie onderwerpe geskryf, soos sy distopiese roman The Iron Heel en The People of the Abyss.

This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Jack London
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF