From Wikipedia_af - Reading time: 3 minJoe Foster | |
|---|---|
| Geboortenaam | Johan Vorster[1] |
| Genres | Ligte Afrikaanse musiek, popmusiek |
| Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer, vervaardiger |
| Assosiasies | ADAM[2][3] |
| Webwerf | joefoster |
Joe Paul-Foster (gebore Johan de Jongh van Arkel Vorster) is 'n Suid-Afrikaanse liedjieskrywer, sanger, tv aanbieder, akteur en motiverende spreker. Hy is 'n voormalige lid van die mansgroep ADAM.[2] Hy het verskeie trefferliedjies soos “Pad Na Jou Hart”, “Vir My Gemaak”, "Gebore om jou lief te hê", "Hartklop", “Mona Lisa” en "Hart se volkslied" geskryf.
Hy matrikuleer aan die Hoërskool Florida in Gauteng.
Foster het reeds op agtjarige ouderdom in musiek begin belangstel. Op 13 skryf hy sy eerste liedjie en op 19 is sy eerste album, Invisble Destiny opgeneem (nie meer beskikbaar is nie). Na die opname van Invisble Destiny het hy 'n kwalifikasie in musiekvervaardiging en klankingenieurswese aan die SAE Technology College in Amsterdam in die Nederland verwerf. Met sy terugkeer het hy sy eie ateljee en platemaatskappy begin en het voltyds as 'n musiekvervaardiger gewerk, onder andere aan albums soos die van Karen Wessels se Hoe durf jy.
In 2010 sluit hy as 'n voltydse lid van die groep ADAM aan. In November 2013 stel hy sy debuut-enkelsnit met die naam, "Pad na jou hart" vry. Dit is die temalied van die gelyknamige rolprent, Pad na jou hart, waarin hy ook as akteur verskyn.
Foster is gay en is getroud met Ziechfried Paul-Foster.[4][5] Foster ly aan alopesie.[6]