Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Kaapse dwergverkleurmannetjie

From Wikipedia_af - Reading time: 2 min

Kaapse dwergverkleurmannetjie
'n Mannetjie
Bewaringstatus

Byna bedreig (IUCN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Animalia
Filum:
Chordata
Klas:
Reptilia
Orde:
Squamata
Suborde:
Iguania
Familie:
Chamaeleonidae
Subfamilie:
Chamaeleoninae
Genus:
Bradypodion
Spesie:
B. pumilum
Binomiale naam
Bradypodion pumilum
(Gmelin, 1789)
Sinonieme

Lacerta pumila (Gmelin, 1789)[1]

Die Kaapse dwergverkleurmannetjie (Bradypodion pumilum) is 'n verkleurmannetjie wat endemies is aan Kaapstad en omgewing. Hulle leef in struike en die woudrande in fynbos. Die verkleurmannetjie is 6 tot 8 cm lank. Dit is 'n klein boomlewende reptiel. Die oë is keëlvormig en dit het 'n grypstert. Die reptiel is gewoonlik bedags bedrywig en vreet vlieë en ander insekte wat met die klewerige tong gevang word. Slange, vleiloeries en laksmanne is die verkleurmannetjie se vyande.

'n Kaapse dwerg-verkleurmannetjie wat water van 'n roosblaar in 'n Kaapse tuin drink.
'n Onvolwasse Kaapse dwergverkleurmannetjie.

Subspesies[wysig | wysig bron]

Van die moontlike subspesies van B. pumilum wat nog nie deur genetiese toetsing bevestig is nie, sluit in:

  • Tipies
  • Fynbos
  • Renosterveld (moontlik 'n hibried tussen B. pumilum en B. occidentale)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Cape dwarf chameleon". SANBI.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Kaapse dwergverkleurmannetjie
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF