Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

L.M. van der Merwe

From Wikipedia_af - Reading time: 1 min

Lucas Marthinus van der Merwe (outeur van Gesprekke oor Ingrid Jonker) is in die Riemland op Heilbron gebore en het op die plaas Alberta in die distrik Koppies grootgeword. Hy het aan die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Pretoria studeer en as kliniese sielkundige gepraktiseer tot hy in 1992 na die akademie teruggekeer het.

Hy is verbonde aan die Skool vir Geneeskunde van UFS, en werk by die Psigiatriese Kompleks in Bloemfontein. Sy waardering vir Ingrid Jonker is te danke aan sy leermeester, professor Jan Robbertze MD.[1]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Gesprekke oor Ingrid Jonker (2006), ISBN 0-620-37159-5

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Inligting bekom van die flapteks van Gesprekke oor Ingrid Jonker
This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/L.M. van der Merwe
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF