Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Langsnoetpypvis

From Wikipedia_af - Reading time: 2 min

Langsnoetpypvis
Bewaringstatus

Veilig (IUCN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Eukaryota
Koninkryk:
Animalia
Filum:
Chordata
Subfilum:
Vertebrata

(Cuvier, 1812)
Infrafilum:
Gnathostomata
Superklas:
Osteichthyes

(Huxley, 1880)
Klas:
Actinopterygii
Subklas:
Neopterygii
Infraklas:
Teleostei
Superorde:
Acanthopterygii
Orde:
Syngnathiformes
Familie:
Syngnathidae
Subfamilie:
Syngnathinae
Genus:
Syngnathus
Spesie:
S. temminckii
Binomiale naam
Syngnathus temminckii
Linnaeus, 1758
Sinonieme
  • Dermatostethus punctipinnis Gill, 1862
  • Sygnathus acus (Linnaeus, 1758)
  • Syngnathus alternans Günther, 1870
  • Syngnathus brachyrhynchus Kaup, 1856
  • Syngnathus delalandi Kaup, 1856
  • Syngnathus rubescens Risso, 1810
  • Syngnathus temminckii Kaup, 1856
  • Typhle heptagonus Rafinesque, 1810

Die Langsnoetpypvis (Syngnathus temminckii) is 'n vis wat endemies aan Suider-Afrika is en kom voor vanaf Walvisbaai tot by die Tugelabank in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Longsnout pipefish. Volgens Heemstra se Coastal Fishes of Southern Africa verskil die spesie van syngnathus acus wat in die Middellandse See en die noordoostelike Atlantiese Oseaan voorkom.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis is lank en dun met die snoet wat langer as die kop is. Die vis het 'n dorsale vin en pektorale- en anale vinne en is groen tot donkerbruin van kleur afhangende van die habitat. Die vis word tot 32 cm lank.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis verkies riviermondings om in te leef maar is ook al gevind in water wat tot 110 m diep is. Broeityd is van November tot Maart. Die mannetjies dra die embrios in 'n broeisak wat aan hulle pens is. Die vis eet onder andere soöplankton. Die langsnoetpypvis is die algemeenste pypvis in Suid-Afrika.

Sien ook[wysig | wysig bron]

  • Alfabetiese lys van visse
  • Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
  • Lys van varswater visfamilies
  • Lys van visfamilies

Bron[wysig | wysig bron]

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Langsnoetpypvis
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF