Die Niebinêre Pride-vlag.Die niebinêre simbool.Die Transgender Pride-vlag, waarop die wit strook niebinêre mense verteenwoordig.[1][2]
Niebinêr (of genderqueer) is ’n spektrum van genderidentiteite wat nie eksklusief manlik of vroulik is nie; dit val dus buite die tweeledige geslagsindeling.[3][4] Niebinêre identiteite kan onder die transgender-sambreel val, want baie niebinêre mense identifiseer met ’n gender wat anders is as hulle toegewese geslag.[5] In Engels word dit ook enby genoem (van NB vir non-binary).[6]
Niebinêre mense kan identifiseer met twee of meer geslagte (dus as "bigender" of "trigender");[7][8] geen gender (agender, genderloos of "neutrois"); as tussen genders of van wisselende genders;[9] of van ’n derde gender of "ander" gender (’n kategorie wat mense insluit wat nie ’n naam aan hulle gender heg nie).[10]
Genderidentiteit verskil van seksuele oriëntasie;[11] niebinêre mense kan ’n verskeidenheid seksuele oriëntasies hê, nes cisgender mense.[12] Sommige niebinêre mense verwerp genderidentiteite heeltemal.[13] Sommige word, nes transgender mense, dikwels medies met chirurgie of hormone behandel vir genderdisforie.
In ’n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot in 2017 het die bekende TV-persoonlikheid Soli Philander erken hy is niebinêr en dat hy nou verstaan hoekom hy altyd "anders" was.[14]
Vlae en viering
[wysig | wysig bron]
Baie Pride-vlae word in die niebinêre en genderqueer gemeenskappe gebruik. Daar is aparte niebinêre en genderqueer vlae. Die Genderqueer Pride-vlag is in 2011 deur Marilyn Roxie ontwerp.[15] Ook agender mense, wat soms as genderqueer identifiseer, het hulle eie vlag.[16]
Die Niebinêre Pride-vlag is in 2014 deur Kye Rowan ontwerp.[17] Geel verteenwoordig mense wie se gender buite die tweeledige geslagsindeling val, pers dié wie se gender ’n mengsel van man en vrou is of tussen die geslagte val, swart dié sonder ’n gender en wit dié wat baie of alle genders omarm.[18]
Internasionale Dag van Binêre Mense word op 14 Julie gevier.[19][20]
Definisies en identiteit
[wysig | wysig bron]
’n Niebinêre Pride-vlag op ’n parade in Parys lui: Mon genre est non-binaire ("My gender is niebinêr").
Die term "genderqueer" het in die 1980's ontstaan as ’n voorloper van die term "niebinêr".[21] Dit word gebruik deur mense wat voel hulle staan buite die tradisionele onderskeid tussen "man" en "vrou". Hulle betwis dus die tweeledige, of binêre, idee van gender.[22] Sommige genderqueer mense identifiseer as ’n manlike vrou of vroulike man, of kombineer genderqueer met ’n ander genderopsie.[23]
Om niebinêr te wees is nie dieselfde as interseks nie; die meeste interseks mense identifiseer as óf manlik óf vroulik.[24] In baie verwysings word die term "transgender" gebruik om genderqueer/niebinêre mense in te sluit.[13][25]
Agender mense ("a" beteken "sonder"), wat ook genderloos of neutrois genoem word,[26] is dié wat hulleself as sonder ’n genderidentiteit beskou.[27][28][29] Hoewel die kategorie verskeie identiteite insluit wat buite normale gendernorme val, indentifiseer dié mense nie noodwendig as transgender nie.[30] Neutrois en agender is twee van 50 beskikbare genders waaruit mense op Facebook kan kies. Dit is op 13 Februarie 2014 bygevoeg.[31]
Bigender of dubbelgender is ’n identiteit wat enige twee genderidentiteite en soorte gedrag insluit. Dit word gewoonlik verstaan as dat iemand as beide manlik en vroulik identifiseer, of tussen manlik en vroulik beweeg, en dus twee aparte genderidentiteite het.[32][33] Die Amerikaanse Sielkundevereniging beskryf bigender as deel van die sambreelterm transgender.[34]
↑Usher, Raven, red. (2006). North American Lexicon of Transgender Terms. San Francisco. ISBN 978-1-879194-62-5. OCLC 184841392.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
↑Bergman, S. Bear; Barker, Meg-John (2017). "Non-binary Activism". In Richards, Christina; Bouman, Walter Pierre; Barker, Meg-John (reds.). Genderqueer and Non-Binary Genders(PDF). Critical and Applied Approaches in Sexuality, Gender and Identity. Palgrave Macmillan. p. 43. ISBN 9781137510525.
↑Bosson, Jennifer K.; Vandello, Joseph A.; Buckner, Camille E. (17 Januarie 2018). The Psychology of Sex and Gender. Thousand Oaks: SAGE Publications. p. 54. ISBN 978-1-5063-3134-8. OCLC 1038755742. Besoek op 4 Augustus 2019.
↑Whyte, Stephen; Brooks, Robert C.; Torgler, Benno (25 September 2018). "Man, Woman, "Other": Factors Associated with Nonbinary Gender Identification". Archives of Sexual Behavior. 47 (8): 2397–2406. doi:10.1007/s10508-018-1307-3. PMID 30255409. S2CID 52823167.
↑Winter, Claire Ruth (2010). Understanding Transgender Diversity: A Sensible Explanation of Sexual and Gender Identities. CreateSpace. ISBN 978-1-4563-1490-3. OCLC 703235508.
↑Beemyn, Brett Genny (2008). "Genderqueer". glbtq: An Encyclopedia of Gay, Lesbian, Bisexual, Transgender, and Queer Culture. Chicago: glbtq, Inc.. URL besoek op 3 Mei 2012.Geargiveer 25 April 2012 op Wayback Machine
↑"Transgender Glossary of Terms". GLAAD Media Reference Guide. Gay & Lesbian Alliance Against Defamation. Besoek op 25 Mei 2011.
↑Stryker, Susan (2008). Transgender History. Berkeley: Seal Press. ISBN 978-1-58005-224-5. OCLC 183914566.
↑Hendrie, Theo, red. (2019). X Marks the Spot: An Anthology of Nonbinary Experiences. VK. p. 238. ISBN 978-1080968039.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
↑Shaw, Susan; Lee, Janet (23 April 2014). Women's voices, feminist visions : classic and contemporary readings (Sixth uitg.). New York, NY. ISBN 9780078027000. OCLC 862041473.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
↑Walsh, Reuben (Desember 2010). "More T, vicar? My experiences as a genderqueer person of faith". All God's Children. Vol. 2, no. 3. Lesbian and Gay Christian Movement.
↑Marc E. Vargo (30 November 2011). "A Review of " Please select your gender: From the invention of hysteria to the democratizing of transgenderism "". Journal of GLBT Family Studies. 7 (5): 2 (493). doi:10.1080/1550428X.2011.623982. ISSN 1550-4298. S2CID 142815065.
↑Vargo, Marc E. (2011). "A Review of "Please select your gender: From the invention of hysteria to the democratizing of transgenderism"". Journal of GLBT Family Studies. 7 (5): 493–494. doi:10.1080/1550428x.2011.623982. S2CID 142815065.
↑Schorn, Johanna (22 Februarie 2016). "Taking the "Sex" out of Transsexual: Representations of Trans Identities in Popular Media". {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
↑Anne Enke, red. (2012). "Note on terms and concepts". Transfeminist Perspectives In and Beyond Transgender and Gender Studies. Temple University Press. pp. 16–20, sien ble. 18-19. ISBN 978-1-4399-0748-1.