Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Onewe getal

From Wikipedia_af - Reading time: 1 min

'n Onewe getal is in wiskunde 'n heelgetal wat nie deur twee gedeel kan word nie. Die heelgetalle wat wel deur twee gedeel kan word, is ewe getalle. Alle heelgetalle is of ewe of onewe getalle. Daar word na die konsep van ewe en onewe getalle verwys as pariteit.

Die onewe getalle is:

..., -7, -5, -3, -1, 1, 3, 5, 7, ...

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Alle priemgetalle, met die uitsondering van 2, is onewe (anders is dit deur 2 deelbaar en nie 'n priemgetal nie).

Die som van twee onewe getalle is nooit onewe nie, maar 'n ewe getal. Byvoorbeeld:
3 + 9 = 12,
1 + 5 = 6,
159 + 673 = 832.

Die som van 'n ewe en 'n onewe getal is altyd onewe. Byvoorbeeld:
4 + 7 = 11,
28 + 13 = 41,
555 + 128 = 683.

Die produk van twee onewe getalle is ook self weer onewe. Byvoorbeeld:
3 × 7 = 21,
5 × 13 = 65,
127 × 583 = 74041.

This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Onewe getal
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF