Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Oog van Ra

From Wikipedia_af - Reading time: 1 min

Die Oog van Ra kan gelykgestel word aan die sonskyf, met kobras om die skyf en met die wit en rooi kroon van Bo- en Benede-Egipte.

Die Oog van Ra is in die Egiptiese mitologie die vroulike eweknie van die god Ra en ’n gewelddadige krag wat sy vyande verslaan.

Die Oog-godin is ’n uitbreiding van Ra se mag, en word gelykgestel aan die sonskyf, maar dit tree ook op as ’n onafhanklike entiteit wat deur verskeie Egiptiese godinne verpersoonlik kan word, onder andere Hathor, Sechmet, Bastet, Wadjet en Moet. Die Oog-godin tree op as moeder, sibbe, metgesel en dogter van die songod. Die Oog beskerm Ra teen die agente van chaos wat sy bewind bedreig.

As ’n mag teen die bose word dit dikwels gelykgestel aan die Oog van Horus, wat in ander gevalle ’n heeltemal ander konsep is.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oog van Ra.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Oog van Ra
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF