Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Peperblaarboom

From Wikipedia_af - Reading time: 2 min

Peperblaarboom, peperbasboom
Bewaringstatus

Veilig (IUCN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Plantae
(geen rang):
Angiosperms
(geen rang):
Magnoliids
Orde:
Canellales
Familie:
Canellaceae
Genus:
Warburgia
Spesie:
W. salutaris
Binomiale naam
Warburgia salutaris
(G.Bertol.) Chiov., (1937)
Sinonieme
  • Chibaca salutaris G.Bertol.
  • Warburgia breyeri R.Pott

Die peperblaarboom[1] (Warburgia salutaris (G.Bertol.) Chiov.) is inheems aan Malawi, Mosambiek, Zimbabwe, Eswatini en Suid-Afrika waar dit in die ooste van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voorkom. Op die SANBI-rooilys is dit as bedreig ("EN") gelys, omdat die Suid-Afrikaanse populasie seker met 50% verminder het vanweë die aanhoudende oes van die bas deur tradisionele genesers.[2]

Dit is 'n slanke, immergroen boom wat 5 tot 10 m hoog kan word. Dit het glansende blare wat donkergroen van kleur is. Hulle het 'n bitter, brandende aromatiese smaak. Die blomme is liggroen en tot 7 mm in deursnee. Hulle vorm ovaal vrugte wat met rypheid pers word. Die bas is bruin en smaak ook peperagtig en bitter. Die boombas word vir sommige kwale gebruik, veral vir die longe, maar ook teen malaria.[3]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

  • Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. ook: koorsboom, peperbasboom, sterkbos
  2. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020.
  3. "PlanZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2016. Besoek op 14 Desember 2016.
This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Peperblaarboom
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF