From Wikipedia_af - Reading time: 2 minDie Scrabo-toring is 'n bekende baken wes van Newtownards in die Noord-Ierse graafskap Down. Die toring met 'n hoogte van 38 m is 160 m bo seevlak geleë.
Die toring, wat in die grootse deel van Noord-Down van ver af sigbaar is, is in 1857 net buite Newtownards opgerig as gedenkteken vir Charles Stewart, 3de markies van Londonderry wat gedurende die Napoleontiese Oorloë as een van die Hertog van Wellington se generale gedien het. Die 3de markies, wat ook onder sy bynaam "Fighting Charlie" bekend gestaan het, het sy titel en die familie-setel Mount Stewart geërf nadat sy broer Robert Stewart, Visegraaf Castlereagh en 2de markies van Londonderry, selfmoord gepleeg het. Visegraaf Castlereagh het een ampstermyn lank as die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland se Staatssekretaris vir Buitelandse Sake gedien.
Scrabo-toring is opgerig volgens ontwerpe wat aan Charles Lanyon en William Henry Lynn toegeskryf word.[1] Dit is tans in 'n uitgestrekte park geleë.[2]