Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Tinta Barroca

From Wikipedia_af - Reading time: 1 min

Tinta Barroca (druiwe en druifblaar)

Tinta Barroca is 'n Portugese rooiwyn-druifsoort wat hoofsaaklik in die Douro-streek van die Iberiese Skiereiland verbou word, met aanplantings in Suid-Afrika en die Riverland-wynstreek van Australië. In Portugal word dit veral vermeng om port te maak, terwyl dit in Suid-Afrika en Australië as 'n alleenstaande kultivar bemark word of vermeng word met ander wyn in 'n variëteit van versnitte. Die druifstokke is aan die einde van die 19de eeu in die Douro-streek aangeplant, en beskik oor die voordeel dat dit koue toestande kan weerstaan indien dit in hellings geplant word wat noord front.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. J. Robinson Vines, Grapes & Wines pg 216 Mitchell Beazley 1986 ISBN 1-85732-999-6
This article is licensed under CC BY-SA 3.0.
Original source: https://af.wikipedia.org/wiki/Tinta Barroca
Status: article is cached
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF