From Wikipedia_af - Reading time: 3 min| Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
|---|---|
| Verhouding | 2:3 |
| Goedgekeur | 22 Mei 1990[1] |
| Ontwerp | Drie horisontale bane in rooi, wit en swart van bo na onder. |
Die nasionale vlag van Jemen is op 22 Mei 1990 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane in rooi, wit en swart van bo na onder.
Voordat Jemen in die hedendaagse Jemense Republiek verenig was, was die land in Noord en Suid verdeel.
Noord-Jemen het aanvanklik, van 1927 tot 1962, die vlag van die Mutawakkilitiese Koninkryk Jemen gebruik. In 1962 is die Jemenitiese Arabiese Republiek gestig en is ’n nuwe vlag aanvaar. Die vlag van die Jemenitiese Arabiese Republiek was ook die Arabiese Bevrydingsvlag met ’n groen ster in die middel van die wit baan. Rooi het die rewolusionêre gees van die Jemenitiese volk voorgestel, wit het die hoop op ’n beter toekoms voorgestel en swart het herinner aan die donker verlede. Die ster het eenheid en onafhanklikheid voorgestel.[2]
Vlag van die Mutawakkilitiese Koninkryk Jemen, 1918 tot 1923
Vlag van die Mutawakkilitiese Koninkryk Jemen, 1923 tot 1927
Vlag van die Mutawakkilitiese Koninkryk Jemen, 1927 tot 1962
Vlag van die Jemenitiese Arabiese Republiek, 1962
Vlag van die Jemenitiese Arabiese Republiek, 1962 tot 1990
Die vlag van die Demokratiese Volksrepubliek Jemen in die suide was die Arabiese Bevrydingsvlag met ’n hemelsblou driehoek in die vlagpaalkant met ’n rooi ster (die embleem van die Jemenitiese Sosialistiese Party) in die middel daarvan. Die swart het die verlede van die tiranniese, koloniale en feudale heersers voorgestel, die wit het vrede voorgestel en die rooi het rewolusie voorgestel. Die hemelsblou het die Jemenitiese volk voorgestel.[2]
Vlag van die Kolonie Aden, 1937 tot 1963
Vlag van die Federasie van Suid-Arabië, 1962 tot 1967
Vlag van die Demokratiese Volksrepubliek Jemen, 1967 tot 1990
Presidensiële standaard Demokratiese Volksrepubliek Jemen, 1967 tot 1990
Staat Aden
Emiraat Beihan
Emiraat Dhala
Sultanaat Fadhli
Neder-Jafa
Sultanaat Lahei
Sultanaat Neder-Aulaqi
Wahidi Balhaf
Wahidi Haban
Sultanaat Mahra
Kathiri
Qu’aiti
Opper-Jafa
Vlag van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Vlag van Egipte
Vlag van Irak
Vlag van Jordanië
Vlag van Koeweit
Vlag van Palestina
Vlag van Sirië (regering)
Vlag van Sirië (1932–1958, 1961–1963, opposisie sedert 2011)
Vlag van Soedan
Vlag van Somaliland
Vlag van die Verenigde Arabiese Emirate
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Jemen. |
| Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |