Menelaus skaf die diens van JHWH in die tempel af en vervang dit deur die aanbidding van Zeus. Die ou sonkalender van 364 dae word deur 'n maankalender van 354 dae vervang.[1]
Antiochus stuur sy dienare Judea toe om te sien of sy edik uitgevoer word of nie.[2]
'n Joodse priester Mattathias dood in Modin een van Antiochus se gesante wat saam met 'n Jood offers aan Zeus breng.[2]
Mattathias vorm 'n leërtjie van vlugtelinge van Antiochus se slagting en voer hulle die heuwels in. Dit is die begin van die Makkabeeë-opstand.[2]
↑Stegemann, H. (1998). "Chapter Seven The Essenes". In The Library of Qumran. Leiden, The Netherlands: Brill. doi:10.1163/9789004677128_008.
↑ 2,02,12,2All the People in the Bible: An A-Z Guide to the Saints, Scoundrels, and Other Characters in Scripture. Richard R. Losch Wm. B. Eerdmans Publishing, 2008, ISBN 0-8028-2454-4, ISBN 978-0-8028-2454-7