Kalenders
|
|
|
|
Die jaar 1858 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 58ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 1 Januarie – Dirk Balfoort, regisseur, direkteur van die Rederykerskamer Onze Taal, dirigent van die Hollandsche Mannekoor en komponis († 1921).
- 22 Februarie – Sir Thomas Smartt, leier van die Unionisteparty en kabinetsminister († 1929).
- 18 Maart – Rudolf Diesel, Duitse ingenieur en uitvinder († 1913).
- 23 April – Max Planck, Duitse fisikus († 1947).
- 25 Junie – Georges Courteline, dramaturg († 1929).
- 16 Julie – Eugène Ysaÿe, Belgiese violis en komponis († 1931).
- 15 September – Jenő Hubay, Hongaarse violis en komponis († 1937).
- 27 September – Ewald Auguste Esselen, Prokureur-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1918)
- 29 September – Leopoldo Mugnone, Italiaanse dirigent van veral operamusiek († 1941).
- 5 Oktober – Prins Hendrik van Battenberg, morganatiese afstammeling van die Huis van Hesse († 1896).
- 19 Oktober – George Albert Boulenger, Belgies-Engelse dier- en plantkundige († 1937).
- 27 Oktober – Theodore Roosevelt, die 26ste President van die Verenigde State (1901–1909) († 1919).
- 20 November – Selma Lagerlöf, Sweedse skryfster en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde († 1940).
- 27 November – Jens Friis, bevelvoerder van die Skandinawiese Korps in die Tweede Vryheidsoorlog († 1930).
- 10 Desember – George Simpson, Kanadese politikus († 1906).
- 22 Desember – Giacomo Puccini, 'n Italiaanse komponis van hoofsaaklik opera († 1924).