Kalenders
|
|
Koning Viktor Emanuel II van Italië
|
|
Die jaar 1859 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 59ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- datum onbekend – George Labram, Amerikaanse ingenieur van die De Beers Consolidated Mines tydens die Beleg van Kimberley († 1900).
- 27 Januarie – Wilhelm II van Duitsland, laaste koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1941).
- 19 Februarie – Svante Arrhenius, Sweedse chemikus, fisikus en Nobelpryswenner († 1927).
- 30 Maart – Sir David Pieter de Villiers Graaff, 'n Suid-Afrikaanse nyweraar en kabinetsminister († 1931).
- 1 April – G.R. von Wielligh, Suid-Afrikaanse skrywer († 1932).
- 8 April – Edmund Husserl, Duitse filosoof († 1938).
- 26 April – Groothertog Nikolaas Michailowitsj van Rusland, die oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland († 1919).
- 1 Mei – Willem Johannes Leyds, 'n Nederlandse prokureur, staatsman en Staatsekretaris in die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1940).
- 15 Mei – Pierre Curie, dokter en ontvanger van die Nobelprys 1903 († 1906).
- 22 Mei – Sir Arthur Conan Doyle, Britse skrywer († 1930).
- 19 Julie – Jan Eloff, mynkommissaris van Johannesburg († 1939).
- 20 September – John William Jagger, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman († 1930).
- 20 September – Cyriel Buysse, Vlaamse naturalistiese skrywer en dramaturg († 1932).
- 30 September – Ds. Philip Snyman, predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk († 1900).
- 9 Oktober – Alfred Dreyfus, bekend vir die Dreyfus-saak († 1935).
- 18 Oktober – Henri Bergson, Franse filosoof († 1941).
- 26 Oktober – Arthur Friedheim, Duits-Russiese pianis en komponis († 1932).
- 15 Desember – L. L. Zamenhof, ontwikkelaar van Esperanto († 1917).