Die jaar 1865 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 65ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 4 Januarie – Genl. Chris Muller, Anglo-Boereoorlog-kryger († 1945).
- 5 Januarie – Sir James Molteno, die laaste speaker van die Kaapse Wetgewer en die eerste van die Unie-Volksraad († 1936).
- 6 Januarie – Stephanus Postma, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant († 1904).
- 12 Januarie – Jan F.E. Celliers, Afrikaanse skrywer, dramaturg en digter († 1940).
- 20 April – Louis Mann, Amerikaanse akteur († 1931).
- 11 Mei – J.H. Leopold, Nederlandse digter († 1925).
- 15 Mei – Albert Verwey, Nederlandse digter, letterkundige en lid van die Tachtigers († 1937).
- 3 Junie – George V, koning van Groot-Brittanje († 1936).
- 13 Junie – William Butler Yeats, Ierse digter en dramaturg († 1939).
- 19 Junie – Alfred Hugenberg, Duitse media-entrepreneur en politikus († 1951).
- 19 Junie – Dame May Whitty, Britse aktrise († 1948).
- 10 Julie – Henri Georges Fourcade, Suid-Afrikaanse landmeter, bosbouer en plantkundige († 1948).
- 3 September – Ds. Taetse Hamersma, Nederlandsgebore predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. († 1932).
- 1 Oktober – Paul Dukas, Franse komponis († 1935).
- 12 Oktober – Manie Bredell, lyfwag en privaatsekretaris van pres. Paul Kruger († 1953).
- 2 November – Warren G. Harding, 29ste President van die Verenigde State († 1923).
- 11 November – Daniel Cornelis Boonzaier, Suid-Afrikaanse kunstenaar en spotprenttekenaar († 1950).
- 8 Desember – Jean Sibelius, Finse komponis van die laat-Romantiese tydperk († 1957).
- 30 Desember – Rudyard Kipling, Engelse skrywer en digter († 1936).
- 19 Januarie – Pierre-Joseph Proudhon, Franse ekonoom, sosioloog, filosoof wat beskou word as een van die eerste anargistiese denkers (* 1809).
- 13 April – Achille Valenciennes, 'n Franse dierkundige (* 1794).
- 15 April – Abraham Lincoln, Amerikaanse politikus, staatsman en 16de President van die Verenigde State (* 1809).
- 26 April – John Wilkes Booth, sluipmoordenaar van Abraham Lincoln (* 1838).
- 28 April – Samuel Cunard, Brits-Kanadese skeepvaartmagnaat (* 1787).
- 13 Julie – Willem Cornelis Janse van Rensburg, 2de President van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1818)
- 25 Julie – Ulrich Gerard Lauts, die eerste Boereverteenwoordiger in Europa (* 1787).
- 13 Augustus – Ignaz Semmelweis, Hongaarse arts (* 1818).
- 12 November – Elizabeth Gaskell, Engelse roman- en kortverhaalskryfster (* 1810).
- 10 Desember – Koning Leopold I van België (* 1790).
- Kmdt. Louw Wepener, Boerekrygsman (* 1812).