Kalenders
|
|
Paul Kruger
|
|
Die jaar 1899 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 99ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- Nairobi, die hoofstad van Kenia, word gestig
- Die Bloemfontein Konferensie word gehou, wat poog om die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog te vermy. Die poging is egter onsuksesvol en lei tot die (1899-1902) Tweede Vryheidsoorlog.
- Die Franse dokter Louis Bagot stig die eerste thalassoterapiesentrum in die Bretonse stad Roscoff
- 6 Maart – Bayer registreer Aspirien as 'n handelsmerk.
- 2 April – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word priester gewy.
- 9 Oktober – Om 17:00 oorhandig die staatssekretaris, F.W. Reitz, die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) se ultimatum aan die Britse agent in Pretoria, sir William Conyngham Greene; daarin word onder meer geëis dat Britse troepe binne 48 uur aan die ZAR se grense onttrek word. Indien geen antwoord teen 17:00 op 11 Oktober ontvang word nie, sal dit as 'n formele oorlogsverklaring beskou word. Die Britse regering en pers is verheug oor die stap, want die ZAR het regtens die Tweede Vryheidsoorlog begin.
- 12 Oktober – Tweede Vryheidsoorlog: Begin by Kraaipan toe die Boere die gepantserde trein, Mosquito, aanval.
- 14 Oktober – Tweede Vryheidsoorlog: Die Beleg van Kimberley begin.
- 20 Oktober – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Talana vind plaas.
- 30 Oktober – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Nicholsonsnek vind plaas.
- 15 November – Winston Churchill word tydens die Tweede Vryheidsoorlog by Chieveley in Natal deur boeremagte gevange geneem.
- 10 Desember – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Stormberg vind plaas.
- 11 Desember – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Magersfontein vind plaas.
- 15 Desember – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Colenso vind plaas.
- 3 Januarie – M.I. Murray, Afrikaanse lektrise, skrywer en dramaturg († 1983).
- 17 Januarie – Al Capone, Amerikaanse bendeleier († 1947).
- 30 Januarie – Max Theiler, Suid-Afrikaanse viroloog, ontvanger van die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (1951) († 1972).
- 11 Maart – Frederik IX, koning van Denemarke († 1972).
- 27 Maart – Gloria Swanson, Amerikaanse aktrise, († 1983).
- 22 April – Vladimir Nabokov, Russiese skrywer († 1977)
- 29 April – Duke Ellington, Amerikaanse komponis en pianis van jazzmusiek († 1974).
- 10 Mei – Fred Astaire, Amerikaanse danser en akteur († 1987).
- 4 Julie – Albert Hertzog, Suid-Afrikaanse politikus († 1982).
- 17 Julie – James Cagney, Amerikaanse akteur († 1986).
- 21 Julie – Ernest Hemingway, Amerikaanse skrywer († 1961).
- 22 Julie – Sobhuza II, Paramount Chief (Opperhoofman) van Swaziland, later koning van Swaziland († 1982).
- 13 Augustus – Alfred Hitchcock, 'n Britse regisseur († 1980).
- 19 Augustus – Colleen Moore, Amerikaanse aktrise († 1988).
- 24 Augustus – Jorge Luis Borges, Argentynse kortverhaalskrywer, essayis, digter, vertaler en bibliotekaris († 1986).
- 28 Augustus – Chang Myon, Suid-Koreaanse politikus († 1966).
- 16 September – Hans Swarowsky, Oostenrykse dirigent († 1975).
- 17 September – Harold Bennett, Britse akteur († 1981).
- 2 November – E. du Perron, Nederlandse digter en skrywer († 1940).
- 2 Desember – John Barbirolli, Britse dirigent en tjellis († 1970)
- 18 Desember – Peter Zapffe, Noorse metafisikus, skrywer, kunstenaar, prokureur en bergklimmer († 1990).
- 25 Desember – Humphrey Bogart, Amerikaanse akteur († 1957).
- Onbekend – Stanley Skewes, Suid-Afrikaanse wiskundige († 1988).