Die jaar 1967 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 67ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 27 Januarie – Die Apollo 1-ruimtetuig word deur ’n brand vernietig by die Kennedy-ruimtesentrum. Ruimtevaarders Gus Grissom, Edward Higgins White en Roger B. Chaffee sterf in die voorval.
- 2 Februarie – Aleksei Kosygin besoek die Verenigde Koninkryk.
- 5 Februarie – Lunar Orbiter 3 word gelanseer.
- 5 Februarie – Generaal Anastasio Somoza Debayle word president van Nicaragua.
- 7 Februarie – Groot bosbrande in Tasmanië eis die lewe van 62 mense.
- 22 Februarie – Suharto neem die bewind oor van Sukarno in Indonesië.
- 27 Februarie – Dominica verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
- 13 Maart – Indira Gandhi word Eerste Minister van Indië.
- 13 Maart – Die Rietbok, 'n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, verdwyn.
- 23 April – Sojoes 1 word gelanseer in ’n wentelbaan en vervoer ’n enkele ruimtevaarder, kolonel Wladimir Komarof, wat sterf toe die ruimtetuig val tydens sy terugkeer na die aarde.
- 5 Junie – Die Sesdaagse Oorlog begin.
- 7 Junie – Sesdaagse Oorlog: Israel val die Golanhoogland binne.
- 10 Junie – Sesdaagse Oorlog: Israeliese magte beëindig hulle opmars in Sirië en hou hulle by 'n VN-skietstaking en bring daarmee 'n einde aan ses dae se gevegte op drie fronte.
- 10 Junie – MiG-23, 'n Sowjetvegvliegtuig, se nooiensvlug.
- 13 Junie – Thurgood Marshall genomineer as regter vir die Hooggeregshof in die VSA deur president Lyndon B. Johnson.
- 14 Junie – Mariner-program: Mariner 5 word gelanseer.
- 27 Junie – Wêreld se eerste OTM geïnstalleer in Enfield, Londen.
- 28 Junie – Israel annekseer Oos-Jerusalem.
- 10 Julie – Nieu-Seeland se geldeenheid word gedesimaliseer.
- 17 Julie – Die onbemande ruimtetuig Surveyor 4 stort op die maan neer.
- 8 Augustus – Thailand, Indonesië, Maleisië, Filippyne en Singapoer stig die ASEAN in Bangkok, Thailand.
- 3 September – Swede skakel amptelik oor na bestuur aan die regterkant van die pad. (Sien Dagen H.)
- 30 November – Suid-Jemen word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3 Desember – Eerste hartoorplanting wêreldwyd onder leiding van dr. Chris Barnard in die Groote Schuur-hospitaal, Kaapstad.
- 17 Desember – Harold Holt, die Eerste Minister van Australië verdwyn terwyl hy naby Portsea, Victoria swem.
- 2 Januarie – Francois Pienaar, Suid-Afrika se twee-en-veertigste Springbokkaptein.
- 7 Januarie – Irrfan Khan, Indiese akteur († 2020).
- 9 Januarie – Dave Matthews, Suid-Afrikaansgebore sanger en liedjieskrywer (Dave Matthews Band).
- 9 Januarie – Gary Teichmann, Suid-Afrika se vyf-en-veertigste Springbokkaptein.
- 13 Januarie – Annie Jones, Australiese aktrise.
- 19 Januarie – Javier Cámara, Spaanse akteur.
- 23 Januarie – Nathi Mthethwa, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister.
- 28 Januarie – Bongani Mayosi, Suid-Afrikaanse professor († 2018).
- 10 Februarie – Laura Dern, Amerikaanse aktrise.
- 18 Februarie – Roberto Baggio, Italiaanse sokkerspeler.
- 20 Februarie – Kurt Cobain, Amerikaanse sanger en kitaarspeler (Nirvana) († 1994).
- 21 Februarie – Neil Oliver, Britse televisie-aanbieder, argeoloog, omgewingsbewaarder en skrywer.
- 25 Maart – Doug Stanhope, Amerikaanse komediant.
- 9 April – Barnaby Kay, Engelse akteur.
- 16 April – Bart de Graaff, invloedryke Nederlandse TV-aanbieder, komediant en programvervaardiger († 2002).
- 27 April – Koning Willem-Alexander van die Nederlande.
- 14 Mei – Vuyu Mbuli, Suid-Afrikaanse radio- en TV-aanbieder († 2013).
- 15 Mei – Madhuri Dixit, beroemde Indiese aktrise in Bollywoodrolprente.
- 18 Mei – Heinz-Harald Frentzen, Duitse professionele renjaer.
- 19 Junie – Mia Sara, Amerikaanse aktrise.
- 20 Junie – Nicole Kidman, Amerikaans-Australiese aktrise.
- 20 Junie – Sjors Fröhlich, Nederlandse joernalis en aanbieder.
- 20 Junie – Mo Gawdat, Egiptiese entrepreneur en skrywer.
- 27 Junie – Samantha Newark, Engelse akteur en komponis.
- 1 Julie – Pamela Anderson, Amerikaanse aktrise, fotomodel en vervaardiger.
- 5 Julie – Mustafa Al-Kadhimi, Irakse politikus, Eerste Minister van Irak tot Oktober 2022.
- 10 Julie – Hennie le Roux, voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 18 Julie – Vin Diesel, Amerikaanse akteur.
- 25 Julie – Matt LeBlanc, Amerikaanse akteur.
- 23 Augustus – Andrius Mamontovas, Litause rock-musikus, liedjieskrywer, akteur en musiekvervaardiger.
- 22 September – Michelle Ruff, Amerikaanse aktrise.
- 28 September – Mira Sorvino, Amerikaanse aktrise.
- 28 September – Moon Zappa, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 3 Oktober – Denis Villeneuve, Frans-Kanadese rolprentregisseur en skrywer.
- 10 Oktober – Saara Kuugongelwa, Namibiese politikus en vyfde eerste minister van Namibië (2015–hede).
- 11 Oktober – Peter Thiel, Duits-Amerikaanse miljardêr-entrepreneur, waagkapitalis en politieke aktivis.
- 28 Oktober – Julia Roberts, Amerikaanse aktrise.
- 16 November – Lisa Bonet, Amerikaanse aktrise.
- 22 November – Boris Becker, Duitse tennisspeler.
- 28 November – Anna Nicole Smith, Amerikaanse model en aktrise († 2007).
- 29 November – Jaco Fouché, Afrikaanse skrywer.
- 9 Desember – Joshua Bell, Amerikaanse violis.
- 21 Desember – Micheil Saakasjwili, Georgiese politikus en staatsman, President van Georgië.
- 27 Januarie – Edward Higgins White, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930)
- 27 Januarie – Gus Grissom, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1926)
- 27 Januarie – Roger B. Chaffee, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1935)
- 4 Februarie – Herman Teirlinck, Vlaamse skrywer (* 1879)
- 18 Februarie – Robert Oppenheimer, Amerikaanse teoretiese fisikus (* 1904).
- 6 Maart – Zoltán Kodály, Hongaarse komponis (* 1882)
- 6 Maart – Nelson Eddy, Amerikaanse sanger en akteur (* 1901)
- 11 Maart – Hanns Lothar, Duitse toneelspeler (* 1929).
- 15 Maart – Paddy Carolin, Suid-Afrika se agtse Springbokkaptein (* 1881).
- 19 April – Konrad Adenauer, Duitse politikus en staatsman, Kanselier van Duitsland (* 1876).
- 24 April – Wladimir Komarof, Russiese ruimtevaarder aanboord Sojoes 1 (* 1927).
- 14 Mei – Osvaldo Moles, Brasiliaanse radio-gasheer en joernalis (* 1913).
- 27 Mei – Paul Henckels, Duitse akteur (* 1885).
- 30 Mei – Claude Rains, Amerikaanse akteur (* 1889).
- 10 Junie – Spencer Tracy, Amerikaanse akteur (* 1900).
- 17 Junie – Tienie Holloway, 'n Afrikaanse skrywer van kinderliteratuur (* 1888).
- 22 Junie – William Nicol, predikant, teoloog, opvoedkundige en staatsman, goewerneur van die Transvaal (* 1887).
- 29 Junie – Jayne Mansfield, Amerikaanse aktrise (* 1933).
- 1 Julie – Frans Erasmus, Suid-Afrikaanse politikus (* 1896).
- 2 Julie – Boerneef, Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus (* 1897).
- 7 Julie – Vivien Leigh, Britse aktrise (* 1913).
- 16 Julie – Oom Frikkie Burgers, Suid-Afrikaanse vermaakkunstenaar, radio- en rolprentpersoonlikheid en orrelis. (* 1907).
- 21 Julie – Pierre Kemp, Nederlandse digter (* 1886).
- 21 Julie – Basil Rathbone, Suid-Afrikaanse akteur (* 1892).
- 22 Julie – Carl Sandburg, Amerikaanse digter (* 1878).
- 22 Julie – Albert Luthuli, President van die ANC (* 1898).
- 9 Augustus – Joe Orton, Engelse dramaturg, skrywer en dagboekskrywer (* 1933).
- 15 Augustus – G.B.A. Gerdener, Suid-Afrikaanse teoloog, hoogleraar en geskiedskrywer (* 1881).).
- 25 Augustus – George Lincoln Rockwell, stigter en leier van die Amerikaanse Naziparty (* 1918).
- 1 September – Siegfried Sassoon, Engelse digter, skrywer en soldaat (* 1886).
- 1 September – Ilse Koch, die vrou van Karl-Otto Koch en bekend as die Heks van Buchenwald (* 1906).
- 3 Oktober – Malcolm Sargent, Britse dirigent (* 1895).
- 8 Oktober – Clement Attlee, Eerste minister van die Verenigde Koninkryk (* 1883).
- 9 Oktober – Che Guevara, Argentynse kommunistiese revolusionêr (* 1928).
- 17 Oktober – Ai-xin-jue-luo Pu-yi of Henry Pu Yi, laaste keiser van Qing China (* 1906).
- 17 Oktober – Jan Jonathan Serfontein, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister 1954–1966 (* 1898).
- 3 Desember – Denise Darvall, hartskenker vir die eerste menslike hartoorplanting (* 1942).
- 10 Desember – Otis Redding, Amerikaanse sanger (* 1941).
- 21 Desember – Louis Washkansky, wêreld se eerste hartoorplantingspasiënt (* 1913).