Kalenders
|
|
President Soeharto van Indonesië
|
|
Die jaar 1998 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 98ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 5 Januarie – 'n Swaar ysreën tref die oostelike dele van Kanada en die Verenigde State en lei tot grootskaalse kragonderbrekings.
- 7–22 Februarie – Die 18de Olimpiese Winterspele word in Nagano, Japan, aangebied.
- 5–14 Maart – Die sewende Paralimpiese Winterspele word in Nagano, Japan, aangebied.
- 31 Maart – Quett Masire bedank as President van Botswana.
- 1 April – Festus Mogae word ingesweer as derde President van Botswana.
- 5 April – Die Akashi Kaikyō-brug, die grootse swaaibrug in die wêreld, wat Sjikokoe met Honsjoe verbind, word geopen.
- 10 April – Die Belfast-verdrag word onderteken.
- 21 Mei - Ná 32 jaar tree die Indonesiese president Soeharto af en word deur B.J. Habibie as derde president opgevolg.
- 10 Junie–12 Julie – Die 16de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Frankryk gespeel, wat deur dié land gewen word.
- 22 September – Suid-Afrikaanse Rooikat-pantservoertuie van 1 Spesiale Diensbataljon arriveer in Maseru, Lesotho om plaaslike weermagmuitery te onderdruk, en wet en orde in die land te herstel.
- 24 Oktober–1 November – Die 1ste Kampioenetrofee word in Bangladesj aangebied en deur Suid-Afrika gewen.
- 20 November – Die Internasionale Ruimtestasie word gelanseer.
- 20 Desember – Nkem Chukwu van Houston in Texas word die eerste vrou om geboorte te skenk aan agt lewendige babas.
- Die Kafferskuilrivier in Stilbaai word hernoem na Goukourivier.
- Oktober - Kousale gelaagde analise (KGA) word vir die eerste keer bekendgestel in Sohail Inayatullah se artikel in die toekomsstudies vaktydskrif Futures.
- 9 Januarie – Kerris Dorsey, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 15 Februarie – George Russell, Britse Formule Een-motorrenjaer.
- 29 Maart – Alex Neustaedter, Amerikaanse akteur.
- 9 April – Elle Fanning, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 8 Julie – Jaden Smith, Amerikaanse akteur.
- 22 Julie – Madison Pettis, Amerikaanse aktrise.
- 24 Julie – Bindi Irwin, Australies-Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 25 Augustus – China Anne McClain, Amerikaanse aktrise.
- 29 Oktober – Lance Stroll, Kanadese Formule Een-motorrenjaer.
- 16 November – Angie oeh, Afrikaanse kletsrymer († 2023).
- 11 Januarie – Klaus Tennstedt, Duitse dirigent (* 1926).
- 6 Februarie – Falco (eintlik Johann Hölzel), Oostenrykse sanger (* 1957).
- 10 Maart – Lloyd Bridges, Amerikaanse akteur (* 1913).
- 15 April – Pol Pot, Kambodjaanse diktator (* 1925).
- 15 April – Prof. F.V. Lategan, Afrikaanse literator en vuurwapenkenner (* 1907).
- 18 April – Stoffel Botha, Suid-Afrikaanse politikus, en Minister van Binnelandse sake (* 1929).
- 19 April – Octavio Paz, Meksikaanse skrywer, diplomaat (* 1914).
- 4 Mei – Worsie Visser, Afrikaanse sanger (* 1963).
- 7 Mei – Allan McLeod Cormack, Suid-Afrikaansgebore natuurkundige (* 1924).
- 9 Mei – Alice Faye, Amerikaanse aktrise (* 1915).
- 11 Mei – Willy Corsari, Nederlandse skryfster van jeuglektuur, romans, speurverhale, kortverhale en toneelstukke (* 1897)
- 14 Mei – Frank Sinatra, Amerikaanse sanger en akteur (* 1915).
- 30 Mei – Jan Pickard, Suid-Afrikaanse rugbyspeler (* 1927).
- 15 Junie – Cyriel Paul Coupé, Belgiese priester, onderwyser, skrywer en digter (* 1918).
- 23 Junie – Maureen O'Sullivan, Iers gebore Amerikaanse aktrise (* 1911).
- 27 Junie – Kerim Tekin, Turkse sanger.
- 12 Julie – Marais Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1914).
- 21 Julie – Alan Shepard, Amerikaanse vlootvlieënier en ruimtevaarder (* 1923).
- 3 Augustus – Alfred Schnittke, Sowjet-Duitse komponis (* 1934).
- 11 Augustus – Derek Newark, Engelse filmakteur (* 1933).
- 27 Augustus – Klaas Steytler, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1922)
- 31 Augustus – Gerhard Beukes, Afrikaanse skrywer (* 1913).
- 13 September – Owen Horwood, Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Finansies (* 1916).
- 2 Oktober – Gene Autry, Amerikaanse akteur (* 1907).
- 9 Oktober – Robert Allen, Amerikaanse akteur (* 1906).
- 26 Oktober – Margaret Keay, Suid-Afrikaansgebore Britse plantpatoloog (* 1911).
- 15 November – Stokely Carmichael, Amerikaanse menseregte-aktivis, in Port of Spain, Trinidad (* 1941).
- 22 November – Harlan Parker Banks, Amerikaanse paleobotanis (* 1913).
- 23 Desember – David Manners, Amerikaanse akteur (* 1900).