Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

AMD Fusion

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

AMD Fusion

Versnelde verwerkingseenhede


Geskik vir

Netboeke
Intreevlak-skootrekenaars


Aanbieders van AMD-Fusion-netboeke

Acer
Asus
Hewlett-Packard
Sony

AMD Fusion is die kode- en bemarkingsnaam vir 'n reeks sentrale verwerkingseenhede (SVE) wat deur die Amerikaanse vervaardiger AMD ná die samesmelting met ATI, een van die twee beduidendste aanbieders van grafiese verwerkingseenhede ter wêreld, ontwikkel is.

Die AMD Fusion-konsep behels die samesmelting van sentrale en grafiese verwerkingseenheid asook video- en ander hardeware-versnellers op die basis van mobiele sentrale verwerkingseenhede om goeie prestasie in bekostigbare rekenaars te lewer, terwyl die kragverbruik laag bly. Die Fusion-tegnologie is in 2006 bekend gestel en word sedertdien verder ontwikkel.

Eerste Fusion-SVE-modelle, wat deur AMD as versnelde verwerkingseenhede (Accelerated Processing Unit, APU) bemark word, is in Januarie 2011 tydens die Consumer Electronics Show in Las Vegas vertoon. Hulle is onder meer gemik op die netboek-mark.


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/AMD_Fusion
11 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF