Aborigines | |
---|---|
Totale bevolking: | 669 881 (2011) 3% van Australië se bevolking[1] |
Belangrike bevolkings in: | Nieu-Suid-Wallis 208 476 (2,89%) Queensland 188 954 (4,22%) |
Taal: | 'n Paar honderd inheemse Australiese tale (waarvan baie al uitgesterf of bedreig is), Australiese Engels, Australiese Aboriginele Engels, Torres Strait Kreools, Kriol |
Geloofsoortuiging: | Christendom 73%, ongebonde 24%, Tradisionele Aboriginele godsdiens 1% |
Verwante etniese groepe: | Melanesiërs en Papoea's |
Die Aborigines (Engels: [ˌæbəˈɹɪdʒɪniːz] of Indigenous Australians, letterlik: "inheemse Australiërs") is die inheemse bevolking van Australië. Die Aborigines het Australië tussen 40 000 en 60 000 jaar gelede vanaf die noorde bereik en hulle daar gevestig.[3] Hulle vorm nie 'n eenvormige volk nie en is in verskeie stamme of familiegroepe verdeel, wat oor hul eie kultuur, taal en maniere beskik. Voor die aankoms van die Britse koloniste in 1788 het hulle as jagter-versamelaars geleef en tussen 300 000 en 100 000 mense getel. As gevolg van siektes, maar ook geweld tydens die Europese verowering, het die getal Aborigines afgeneem tot 60 000 in 1920. Sowat driekwart van die hedendaagse Aborigines het hulle in stede gevestig en het die Westerse leefwyse aangeneem, veral as gevolg van Australië se assimilasiebeleid. Die tradisionele Aboriginele leefwyse het veral in die Noordelike Gebied bewaar gebly, waar Europese setlaars hulle relatief laat gevestig het.