Die Acts of Union 1800 (Uniewette, soms verkeerdelik die Act of Union 1801 genoem) was Parlementêre Wette wat in 1800 deur onderskeidelik die Parlement van Engeland en die Parlement van Ierland aanvaar is. Die wette het die Treaty of Union (Verdrag van Vereniging) wat tussen die twee state onderhandel is, geïmplementeer. Die wette het op 1 Januarie 1801 van krag geword. Die wet van 1800 is in 1962 afgeskaf en die eiland Ierland word in Noord-Ierland (Verenigde Koninkryk en die Republiek van Ierland verdeel.
Die wette het 'n nuwe staat geskep, die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland, deur die Koninkryk van Groot-Brittanje (sedert die Acts of Union 1707 gestig deur die Koninkryk van Engeland en die Koninkryk van Skotland) en die Koninkryk van Ierland saam te smelt. Die lande het reeds sedert die Crown of Ireland Act (Wet van die Ierse Krone) in 1542 'n monarg gedeel, maar het tot met die vankragwording van die Uniewette soewereine parlemente gehandhaaf. Wallis was reeds sedert die aanvaarding van die Laws in Wales Acts 1535 and 1542 deel van die Engelse staat. Die Crown of Ireland Act 1542, was 'n wet van die Ierse parlement wat bepaal het dat koning Hendrik VIII van Engeland en sy opvolgers ook die Konings van Ierland sou wees. Eers in 1800 sou die Acts of Union 1800 die Koninkryk van Ierland en die Koninkryk van Groot-Brittanje verenig om die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland te vorm.
Die Acts of Union 1800 het die parlemente in Ierland en Groot-Brittanje ontbind en dit vervang met 'n nuwe Parlement van Groot-Brittanje en Ierland, gesetel te Westminster, die voormalige tuiste van die Engelse Parlement. Daar word na die samesmelting as die Union of the Parliaments verwys.
Pogings was vroeër sedert 1541 en 1603 aangewend om die lande met parlementêre wette polities te verenig, maar hierdie stel wette was die eerste met die nodige politieke ondersteuning, al was dit vir verskillende redes.