Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Actv

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min


Actv S.p.A.
TipeSocietà per azioni (SpA)
Gestig1978
Hoofkantoor,
Gebied bedien
Stad Venesië, Chioggia
Sleutelpersone
Luca Scalabrin (voorsitter)
ProdukteWaterbus-, veerboot-, bus- en tremdienste
Inkomste€212,475 miljoen (2012)
Aantal werknemers
2 731 (2012)
Webwerfactv.it

Actv S.p.A. (Azienda del Consorzio Trasporti Veneziano - "Onderneming van die Venesiaanse Vervoerkonsortium") is 'n munisipale onderneming wat sedert sy stigting in 1978 die openbare vervoernetwerk in die historiese middestad van Venesië en die Venesiaanse strandmeer asook die verbindings met die vasteland bedryf en bestuur. Saam met die stedelike, maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling en groei van Venesië, die omliggende eilande en uitgestrekte residensiële en nywerheidsbuurte op die vasteland het Actv sy netwerk voortdurend uitgebrei en aangepas. Actv vervoer daagliks duisende passasiers, Venesiane en besoekers, op waterbus-, trem- en busroetes in Venesië, Chioggia en die Venesiaanse voorstadsones op die vasteland.

Die onderneming se oorspronge strek terug tot 1881 toe die eerste stoombootroete op die Canal Grande in bedryf gestel is. Verdere mylpale was die vestiging van 'n trolliebusnetwerk in Mestre en die Lido di Venezia, die uitbreiding van waterbus- en veerbootroetes in die Venesiaanse strandmeer, die opening van tremlyne tussen Favaro en Venesië en tussen Marghera en die middestad van Mestre, die elektrifisering van busroetes op die Lido en Pellestrina-eiland en die invoering van voertuie met hibriede aandrywing.

Galery

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Actv
48 views | Status: cached on June 27 2025 11:20:09
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF