From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min
| Afar | |
|---|---|
'n Afar-man in tradisionele nomadiese klere. | |
| Totale bevolking: | ca. 2,6 miljoen |
| Belangrike bevolkings in: | |
| Taal: | Afar |
| Geloofsoortuiging: | Islam |
| Verwante etniese groepe: | Agaw • Amhare • Beja • Gurage • Harari • Oromo • Saho • Somaliërs • Tigrinya • Tigre • ander Koesjitiese volke[3] |
Die Afar (Afar: Qafár) is 'n etniese groep inheems aan die Afar-driehoek van noordelike Ethiopië, suidelike Eritrea en noordelike Djiboeti. Volgens die nasionale sensus van 2007 leef sowat 1,8 miljoen Afar in Ethiopië, sowat 1,73% van dié land se bevolking. Hulle praat Afar, 'n Koesjitiese taal binne die Afro-Asiatiese taalfamilie, as moedertaal.

Die Afar is een van die kleiner etniese groepe in Ethiopië en vorm die titulêre nasie van die Afar-streek, een van nege etniese streke in Ethiopië. Daarbenewens leef sowat 526 000 Afar in Eritrea en omtrent 306 000 Afar in Djiboeti. Tussen 1973 en 1991 het die separatistiese Afar-Bevrydingsfront vir 'n onafhanklike Afar-staat geveg.[4]
In Djiboeti is sowat 35% van die bevolking etniese Afar, die tweede grootste etniese groep na die Somaliërs (60%). In Eritrea vorm hulle een van die kleiner etniese groepe met sowat 526 000 mense.