Die African Covenant (ACO) is 'n konserwatiewe godsdienstige Suid-Afrikaanse politieke party wat in 2018 deur Convy Baloyi gestig is.
Die party stel voor dat die doodstraf vir moord en aborsie teruggebring moet word en wil die wettiging van selfdegeslaghuwelike in Suid-Afrika omkeer. Dit beskryf die huwelik as 'n instelling wat "een man en een vrou" verenig.[1]
Baloyi glo dat met die bonatuurlike hulp die African Covenant die regerende party sal wees na die algemene verkiesing in 2019.[2] Die party kon egter slegs 7 019 stemme bekom en dus ook geen setels nie.
Verkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2019[3] | 7 019 | 0,04 | 0 |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |