Alberto Fernández | |
Fernández in 2019 | |
President van Argentinië
| |
Ampstermyn 10 Desember 2019 – 10 Desember 2023 | |
Vise | Cristina Fernández de Kirchner |
---|---|
Voorafgegaan deur | Mauricio Macri |
Opgevolg deur | Javier Milei |
President van die Justisialistiese Party
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 21 Maart 2021 | |
Voorafgegaan deur | José Luis Gioja |
Hoof van die Kabinet van Ministers
| |
Ampstermyn 25 Mei 2003 – 23 Julie 2008 | |
President | Néstor Kirchner Cristina Fernández de Kirchner |
Voorafgegaan deur | Alfredo Atanasof |
Opgevolg deur | Sergio Massa |
Lid van die Buenos Aires-wetgewer
| |
Ampstermyn 7 Augustus 2000 – 25 Mei 2003 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Alberto Ángel Fernández 2 April 1959 Buenos Aires, Argentinië |
Politieke party | Justisialistiese Party |
Eggenoot/-note | Marcela Luchetti (1993–2005) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Universiteit van Buenos Aires |
Handtekening |
Alberto Ángel Fernández (Spaanse uitspraak: [alˈβeɾto ferˈnandes] : 2 April 1959) is 'n Argentynse advokaat, politikus en die president van Argentinië tussen 2019 en 2023. Hy was die hoof van die kabinet van ministers gedurende Néstor Kirchner se presidentskap, asook tydens die vroeë maande van Cristina Fernández de Kirchner se presidentskap. Sy ampstermyn as kabinetshoof van 2003 tot 2008 is steeds die langste sedert die pos in 1994 tot stand gekom het. Fernández is op 10 Desember 2023 deur Javier Milei as president opgevolg.
Alberto Ángel Fernández is op 2 April 1959 in Buenos Aires aan Celia Pérez en haar eerste man gebore. Hulle het later geskei en Celia (suster van die persoonlike fotograaf van Juan Domingo Perón) het daarna met regter Carlos Pelagio Galíndez (seun van 'n senator van die Radikale Burgerlike Unie) getrou.[1] Alberto Fernández, wat skaars sy biologiese pa geken het, beskou Pelagio as sy pa.[1][2]
Hy het op die ouderdom van 24 met 'n regsgraad aan die Universiteit van Buenos Aires gegradueer en later 'n professor in strafreg geword. Hy het die staatsdiens betree as 'n adviseur vir die Beraadslagende Raad van Buenos Aires en die Argentynse Kamer van Afgevaardigdes. Hy het later adjunkdirekteur van Regsake van die Ministerie van Ekonomie geword en in hierdie hoedanigheid as die hoof Argentynse onderhandelaar by die GATT Uruguay-ronde gedien. In 1989 is hy deur nuutverkose president Carlos Menem as die Superintendent van Versekering aangewys. Fernández was tussen 1989 en 1992 die president van die Latyns-Amerikaanse Versekeringsbestuurdersvereniging, en medestigter van die Insurance Managers International Association. Hy het ook as adviseur vir Mercosur en ALADI oor versekeringsreg gedien, en was betrokke by versekerings- en gesondheidsdienstemaatskappye in die private sektor. Fernández is in 1992 as een van die tien uitstaande jongmense van Argentinië aangewys en het die Millennium-toekenning ontvang as een van die land se top sakemanne van die eeu.[3] Gedurende hierdie tyd het hy polities na aan die voormalige goewerneur van die Buenos Aires-provinsie, Eduardo Duhalde, geraak.[4]
Hy is op 7 Junie 2000 tot die Buenos Aires-stadswetgewer verkies.
Hy is op 25 Mei 2003 deur president Néstor Kirchner as die hoof van die kabinet van ministers aangewys. Hy sou die amp ook tydens die eerste paar maande van Kirchner se vrou en opvolger, president Cristina Fernández de Kirchner, beklee.[5][6]
'n Nuwe stelsel van veranderlike belastings op landbou-uitvoer het gelei tot die Argentynse regeringskonflik met die landbousektor in 2008, waartydens Fernández as die regering se hoofonderhandelaar opgetree het. Die onderhandelinge het egter misluk, en ná vise-president Julio Cobos se verrassende, gelykop-stem teen die wetsontwerp in die Senaat, het Fernández op 23 Julie 2008 bedank.[7]
Hy is daarna as hoof van die Buenos Aires-afdeling van die Justisialistiese Party aangewys, maar het sy betrokkenheid by Front for Victory-veldtogte vir die 2009 Kongresverkiesings tot 'n minimum beperk.[8] Fernández het dit aktief oorweeg om die Presidensiële benoeming van die Justisialistiese Party voor die 2011 algemene verkiesing te soek, maar het later president Cristina Kirchner se herverkiesingsveldtog onderskryf.[9][10] Hy was veldtogbestuurder van die Sergio Massa se onsuksesvolle presidensiële kandidatuur in 2015.[11]
Op 18 Mei 2019 het Cristina Fernández de Kirchner aangekondig dat Fernández 'n kandidaat vir president sou wees, en dat sy sy vise-presidentskandidaat of running mate sou wees.[12][13] Op 11 Augustus 2019 het Fernández die eerste-plek in die voorverkiesing met 47% van die stemme behaal.[14] Hy sou later op 27 Oktober 2019 vir sittende president Mauricio Macri in die algemene verkiesing klop. Hy is op 10 Desember 2019 as president ingehuldig.
Weens lae goedkeuringsgraderings as gevolg van die ekonomiese krisis het Fernández nie vir herverkiesing in 2023 gestaan nie. Hy is op 10 Desember 2023 deur Javier Milei opgevolg.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |