Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Albi

From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min

Albi

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Oksitanië
 Département Tarn
 Koördinate 43°56′N 2°09′O / 43.933°N 2.150°O / 43.933; 2.150
 Stigting 51 v.C. (Civitas Albigensium)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 44,26 vk km
 Hoogte bo seevlak 130-308 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 49 179
 - Bevolkingsdigtheid 1 111/vk km
 - Metropolitaanse gebied 95 892
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Stéphanie Guiraud-Chaumeil
 Amptelike webwerf mairie-albi.fr

Albi is 'n stad in die suide van Frankryk. Dit is die hoofstad van die Franse département Tarn en het 'n bevolking van ongeveer 50 000 mense. Die Tarn-rivier vloei deur die stad. In Julie 2010 is die plek as 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied verklaar.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Die katedraal
Nabyskoot van die kloktoring om die ongelooflike mure te wys

Die gebied was reeds in die Romeinse tye bewoon en die sogenaamde Civitas Albiensium was hier geleë. In 843 het Karel die Kale die stad in besit geneem. Die Kathare, wat Albigense of Albigensers genoem is, is na die stad vernoem. Die Kathaar-beweging was 'n sytak van die Christendom wat in die Middeleeue vervolg en uitgewis is. As gevolg hiervan is die stad byna heeltemal tussen 1209 en 1229 in 'n kruistog vernietig (sien Albigensiese Kruistog). Sedert 1678 is die stad die setel van 'n aartsbiskop. Dit is sedert 1790 die hoofstad van die département Tarn.

Katedraal

[wysig | wysig bron]

Die katedraal Sainte-Cécile (Frans: Cathédrale Ste-Cécile d'Albi) is 'n bekende trekpleister vir toeriste. Dit is in gotiese styl soos 'n fort gebou. Die katedraal se mure is tot 6 meter dik, wat dit die grootste baksteengebou ter wêreld maak. Binne die katedraal is daar fresko's (muurskilderye) uit die Renaissance.

Museum

[wysig | wysig bron]

Die stad is ook die ligging van 'n museum wat aan die skilder Henri de Toulouse-Lautrec opgedra is. De Touluose-Lautrec is in die stad gebore. Die museum bevat ook skilderye van ander kunstenaars.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Albi
18 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF