Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Alfred

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Alfred, die Hertog van Sakse-Koburg en Gotha

Alfred was die naam van 'n distrik in die suide van die huidge KwaZulu-Natal. Die noordgrens was die Umzimkulurivier en in die suide het die Mtamvunarivier die grens met Pondoland (Transkei) gevorm. Dit is dus die gebied tussen Port Shepstone en Port Edward landinwaarts.

Die gebied het aanvanklik as Niemandsland bekendgestaan. Op 7 September 1865 is dit by Natal ingelyf onder die naam Alfred County ter ere van prins Alfred, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha, die seun van koningin Victoria.

Sien ook[wysig | wysig bron]


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Alfred
12 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF