Amasia was die negende koning van die koninkryk van Juda en het 29 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Joas. Volgens die Bybel was hy aanvanklik ’n goeie koning, maar het dwaas teenoor die profete opgetree, waarna die Here sy rug op hom gedraai het. Hy is opgevolg deur sy seun Ussia.
Bybel verwysing in die Ou Testament tweede boek van konings wat regeer het in Israel voor en na die skeuring in twee reike. 2 Konings 14 vers 1-22