Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Anagram

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min


Voorbeeld van 'n anagram.

'n Anagram of letterkeer is 'n woord of sin, gevorm uit die letters van 'n ander woord of 'n ander sin, maar in 'n ander volgorde. Die opmaak van anagramme is 'n gewilde woordspeletjie. Anagramme word ook dikwels as 'n pseudoniem gebruik.

Voorbeeld

[wysig | wysig bron]

Gegewe 'n woord soos TEGNIKUS is die volgende anagramme moontlik:

  • SUIGTENK
  • GIETKUNS
  • KUNSTIGE

Nog enkele anagramme:

  • MOESIES  – EMOSIES
  • RENDIERE  – DREINEER

Woorde wat anagramme vorm, kan heeltemal verskillende betekenisse hë, maar wel verwant wees wanneer woorddele bloot omgeruil word, byvoorbeeld:

  • BLOMTUIN  – TUINBLOM

Anagramvorming kan selfs 'n speletjie word waar mense 'n woord probeer vorm uit al die letters in hul eie naam of name en titels. Uit SUSTER OLIVIER ontstaan byvoorbeeld die woord VOLSTRUISEIER!

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Anagram
13 views | Status: cached on August 09 2025 23:30:39
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF