Antofagasta | |
---|---|
Stad | |
Byname: The Pearl of the North | |
Koördinate: 23°38′39″S 70°24′39″W / 23.64417°S 70.41083°W | |
Land | Chili |
Provinsie | Antofagasta |
Stigting | 22 Oktober 1868 |
Regering | |
• Burgemeester | Jonathan Velásquez |
Oppervlak | |
• Totaal | 30 718,1 km2 (11 860,3 vk. myl) |
Hoogte | 40 m (130 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 352 638 |
• Digtheid | 9,7/km2 (25/vk. myl) |
Tydsone | UTC-4 (CLT) |
• Somertyd | UTC-3 (CLST) |
Webwerf | municipalidadantofagasta.cl |
Antofagasta is die grootste stad van die Norte Grande-streek van Chili en hoofstad van die gelyknamige provinsie met 404 654 inwoners (2012). Die stad is in 1870 gestig en in 1883 deur Chili van Bolivië gebuit.
Die stad is aan die Stille Oseaan geleë en is die hawe-afsetpunt vir die kopermyne van La Escondida en Chuquicamata - laasgenoemde is die grootste oppervlakmyn in die wêreld. Antofagasta is 'n gewilde vakansieoord en die beginpunt van die Andes-spoorlyn wat oor die 3 857 meter hoë Socoma-bergpas lei en die stad met Salta in Argentinië verbind. Sedert 1956 beskik Antofagasta oor 'n universiteit.