Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Arak

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

'n Glas Arak met water en ys
Anyssaad

Arak is ‘n naam vir ‘n wye verskeidenheid onverwante alkoholiese dranke wat dwarsdeur Asië vervaardig word.

Verspreiding

[wysig | wysig bron]

Etimologie

[wysig | wysig bron]

Die woord arak het uit die Arabies arak at-tamr, wat beteken “sweet van dadels”, via Maleis en Nederlands in Afrikaans beland.

Indonesië

[wysig | wysig bron]

Arak of ryswyn was ‘n gewilde sterk alkoholiese drank in die koloniale tydperk van Java. So het dit ook aan die Kaap bekend geword. Dit word dikwels in ‘n tuisnywerheid gedistilleer van gegiste suikerriet, rys en ander bestanddele. Die onwettige produksie daarvan lei dikwels tot alkoholvergiftiging en die dood.

Suid-Afrika

[wysig | wysig bron]

Om die Khoikhoi aan te moedig om beeste te bring om te verkoop, het die koloniste aan die Kaap arak aangebied om die handel te bevorder. Helaas het verskeie van die Khoikhoi aan die drank verslaaf geraak.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Ensiklopedie van die wêreld, deel 1. Stellenbosch: Albertyn-uitgewery, 1992. ISBN 0-949948-18-7
  • de Wet, Con en Leon Hattingh en Jan Visagie (reds.): Die VOC aan die Kaap, 1652-1795. Pretoria: Protea Boekhuis, 2016. ISBN 978-1-4853-0019-9

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Arak
15 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF