Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Astrachan-kremlin

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Een van die torings van die Astrachan-kremlin.

Die Astrachan-kremlin (Russies: Астраханский кремль) is ’n fort in Astrachan, Rusland. Dit is op ’n eiland geleë wat deur die Wolga en drie ander klein riviere omring word.

Die aanvanklike houtfort is in 1557 deur tsaar Iwan die Verskriklike laat bou om die suidoostelike grense van Rusland te help versterk. In 1582 tot 1589 is dit met stene herbou.

Sedert 2009 is daar pogings om die kremlin te laat verklaar as ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Astrachan-kremlin
2 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF