![]() Foto op 12 April 2017 geneem deur Cassini. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Richard Terrile, Voyager 1 |
Datum | Oktober 1980 |
Alternatiewe name | Saturnus XV |
Wentelbaaneienskappe [1] | |
Epog 31 Desember 2003 (JD 2 453 005,5) | |
Wentelbaanradius | 137 670±10 km |
Wentelperiode | 0,6016947883 d |
Baanhelling | 0,003±0,004 ° |
Satelliet van | Saturnus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 40,8 × 35,4 × 18,8 km [2] |
Gem. radius | 15,1±0,9 km [2] |
Volume | ≈ 14 400 km3 |
Massa | 6,60±0,45×1015 kg[2] |
Gem. digtheid | 0,46±0,11 g/cm3[2] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,0002-0,0020 m/s2 [2] |
Ontsnapping- snelheid | ≈ 0,0062 km/s |
Rotasieperiode | Sinkronies |
Ashelling | Nul |
Temperatuur | ≈ 81 K |
Atlas is ’n binneste maan van Saturnus. Dit is voor 12 November 1980 deur Richard Terrile ontdek op Voyager-foto's en het die voorlopige naam S/1980 S 28 gekry.[3] In 1983 is dit amptelik genoem na Atlas uit die Griekse mitologie omdat dit "die ringe op sy skouers hou", nes die Titaan Atlas die lug bo die aarde opgehou het.[4] Dit is ook bekend as Saturnus XV.
Atlas is die naaste maan aan die skerp buiterand van Saturnus se A-ring en daar is lank geglo dit is ’n herdersmaan van dié ring. Dit is egter nou bekend die buiterand van die ring word onderhou deur ’n 7:6-baanresonansie met die groter maar verder geleë mane Janus en Epimetheus.[5] In 2004 is ’n dowwe, dun ring met die voorlopige naam R/2004 S 1 in Atlas se wentelbaan ontdek.[6]
Hoëresolusiefoto's wat in Junie 2005 deur Cassini geneem is, het onthul dat Atlas ’n rofweg sferiese middel het omring deur ’n groot, gladde ekwatoriale rif. Die waarskynlikste verduideliking vir hierdie ongewone struktuur is dat die ringmateriaal wat die maan aantrek, op die maan versamel – met ’n sterk voorkeur vir die ewenaar omdat die ring so dun is. Die grootte van die rif kan vergelyk word met die vermoedelike Roche-lob van die maan. Dit sal beteken dat enige bykomende materiaal wat op die ewenaar saampak verlore sal gaan omdat die middelpuntvliedende krag Atlas se klein swaartekrag sal oorkom.[5]
Atlas word aansienlik deur Prometheus versteur, en in ’n mindere mate deur Pandora. Omdat dié twee mane se wentelbane chaoties is, word vermoed Atlas s’n is ook dalk.[1]
{{cite web}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp){{cite journal}}
: Onbekende parameter |deadurl=
geïgnoreer (hulp){{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link){{cite journal}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)