Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Atos (mitologie)

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Atos in die Griekse mitologie was een van die reusagtige Gigante, die seuns van Uranos en Gaia.

Tydens die Gigantestryd tussen die reuse en die Olimpiese gode, wat deur Gaia aangevuur is omdat sy ontevrede was dat Zeus die Titane gevange gehou het, het Atos ’n rots na Poseidon gegooi. Dit het in die Egeïese See geval en Berg Atos geword.


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Atos_(mitologie)
4 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF