Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Texas |
County | Travis, Williamson, Hays |
Koördinate | 30°15′N 97°45′W / 30.250°N 97.750°W |
Stigting | 1835 |
Geïnkorporeer op | 27 Desember 1839 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 704 vk km |
Bevolking: | |
- Totaal (Stad en county 2010) | 790 390 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 024,4/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 716 291 |
Tydsone | CST (UTC -6) Somertyd: CDT (UTC -5) |
Klimaat | |
- Tipe | Subtropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 20 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 10,5 / 29,5 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 871 mm |
Burgemeester | Kirk Watson (D) |
Amptelike Webwerf | austintexas.gov |
Austin is die hoofstad van die Amerikaanse deelstaat Texas en die setel van die administratiewe distrik (county) Travis. Austin is in Sentraal-Texas op die oostelike rand van die Amerikaanse Suidweste geleë[1] en is die vierde grootste stad in Texas en die vyftiende grootste in die Verenigde State.[2] Dit was die derde snelgroeiendste grootstad in die land van 2000 tot 2006.[3] Volgens die Julie 2009 Amerikaanse sensusskatting het Austin 'n bevolking van 786 382 en is dit die kulturele en ekonomiese sentrum van die Groter Austin metropolitaanse gebied, wat 'n bevolking van 1 705 075 het en daarby die 35ste grootste metropolitaanse gebied in die Verenigde State is.[4]
Die gebied is in die 1830's op die oewers van die Coloradorivier deur pioniers gevestig wat die dorp Waterloo genoem het.[5] In 1839 is Waterloo verkies as die hoofstad van die pas onafhanklik geworde Republiek van Texas. Die stad is hernoem na Stephen F. Austin, wat bekend staan as die vader van Texas.[5] Die stad het in die 19de eeu deurgaans gegroei en dit het die sentrum vir regering en opvoeding geword ná die konstruksie van die Texas-staatskapitool en die Universiteit van Texas.[6] Ná 'n gesusde groeitydperk as gevolg van die Groot Depressie het Austin voortgegaan om in 'n belangrike stad te ontwikkel en dit het later as 'n sentrum vir tegnologie en besigheid voorgetree.[5] Vandag is die Groter Austin die tuiste van vele hoë-tek en ander maatskappy, waaronder die hoofkwartiere van vier Fortune 500-maatskappye: Whole Foods Market, Freescale Semiconductor, Forestar Group, en Dell.[7]
Die inwoners van Austin staan as Austiniete bekend en onder hulle tel 'n diverse mengsel universiteitsprofessore, studente, politici, staatsamptenare, hoë-tek arbeiders, blou- en witboordjiearbeiders.[8] Die hoofkampus van die Universiteit Texas is in Austin geleë. Die stad is die tuiste van ontwikkelingsentra vir vele tegnologiemaatskappye en in die hoë-tek 1990's het dit die bynaam "Silicon Hills" gekry. Die huidige amptelike slagspreuk bevorder Austin egter as "Die Regstreeksmusiek-hoofstad van die Wêreld" — 'n verwysing na die talle musici en regstreeksmusiek-oorde in die gebied.[9][10] In onlangse jare het vele Austiniete die nie-amptelike slagspreuk "Hou Austin Eienaardig" aangeneem; dít verwys deels na die eklektiese en liberale lewenstyle van baie Austiniete, maar dis ook die slagspreuk vir 'n veldtog om kleiner plaaslike ondernemings te beskerm.[11]
Die Austin-Bergstrom Internasionale Lughawe is by die stad geleë.
Hoofstede van die Verenigde State | ||||
---|---|---|---|---|
|