Die Azerbeidjanse Grand Prix is 'n Formule Een motorwedren wat vir die eerste keer op die kalender ingesluit is in 2017.[1][2] Dit is op die Bakoe-straatrenbaan in Bakoe, die hoofstad van Azerbeidjan, op 25 Junie gehou. Die eerste Formule Eenwedren by dié baan het in 2016 die Europese Grand Prix geheet.[3]
Jaar | Renjaer | Vervaardiger | Renbaan | Verslag |
---|---|---|---|---|
2024 | Oscar Piastri | McLaren-Mercedes | Bakoe | Verslag |
2023 | Sergio Pérez | Red Bull Racing-Honda RBPT | Verslag | |
2022 | Max Verstappen | Red Bull-RBPT | Verslag | |
2021 | Sergio Pérez | Red Bull-Honda | Verslag | |
2020 | nie plaasgevind nie, weens koronaviruspandemie | |||
2019 | Valtteri Bottas | Mercedes | Bakoe | Verslag |
2018 | Lewis Hamilton | Mercedes | Verslag | |
2017 | Daniel Ricciardo | Red Bull-TAG Heuer | Verslag |